Header Artwork
AfriForum maak Wes-Kaap se blou-en-groendruppeluitslae bekend

AfriForum het van Augustus tot Oktober 2020 verskeie dorpe in Wes-Kaap se water getoets om die gehalte van dié dorpe se drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal.

Dié projek was vanjaar belangriker as ooit weens die COVID-19-pandemie en navorsing wat toon dat dié virus in rioolstelsels opgespoor kan word, wat beteken dat ’n mens brandpunte kan identifiseer.

“Ons kon vasstel dat die volgende dorpe, naamlik Bitterfontein, Darling, Gansbaai, Hermanus, Bellville, Durbanville, Kraaifontein, Strand, Kalbaskraal, Klawer, Kleinmond, Lutzville, Malmesbury, Pearly Beach, Stellenbosch, Gordonsbaai, Vanrhynsdorp, Vredendal, Velddrif, Wellington en Worcester se drinkwater aan die minimum standaarde voldoen en geen skadelike bakterieë bevat nie. AfriForum sal die watergehalte deurlopend toets want inwoners het ’n grondwetlike reg tot skoon drinkwater,” sê Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

Bloudruppeluitslae

Dié uitslae dui daarop dat al die dorpe van Wes-Kaap se drinkwater wat getoets is, skoon is.

Wes-Kaap
Plek Munisipaliteit 2013 2014 2015 2016 2017 2018 2019 2020
Bitterfontein Matzikama PM Skoon Skoon Skoon
Bredasdorp Kaap Agulhas PM Skoon
Citrusdal Cederberg PM Skoon Skoon Skoon Skoon
Clanwilliam Cederberg PM Skoon
Darling Swartland PM Skoon
Gansbaai Overstrand PM Skoon Skoon Skoon
George George PM Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon
Hermanus (Sandbaai) Overstrand PM Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon
Hessekwa (Stilbaai) Hessekwa PM Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon
Kaapstad (Bellville) Kaapstad-metro Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon
Kaapstad (Durbanville) Kaapstad-metro Skoon
Kaapstad

(Gordonsbaai)

Kaapstad-metro Skoon
Kaapstad

(Kraaifontein)

Kaapstad-metro Skoon
Kaapstad

(Strand)

Kaapstad-metro Skoon
Kalbaskraal Swartland PM Skoon
Klawer Matzikama PM Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon
Kleinmond Overstrand PM Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon
Ladismith Kannaland PM Skoon Skoon Skoon
Lutzville Matzikama PM Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon
Malmesbury Swartland PM Skoon
Montagu Langeberg PM Skoon Skoon Skoon
Mosselbaai Mosselbaai PM Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Fosfate >25 dpm[1] Skoon Skoon
Nuwerus Matzikama PM Skoon Skoon Skoon
Oudtshoorn Oudtshoorn PM Skoon Skoon Skoon Skoon
Pearly Beach Overstrand PM Skoon Skoon Skoon
Robertson Langeberg PM Skoon Skoon Skoon Skoon
Stellenbosch Stellenbosch PM Skoon Skoon Skoon Skoon
Vanrhynsdorp Matzikama PM Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon
Vredendal Matzikama PM Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon
Vredendal-Suid Matzikama PM Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon
Velddrif Bergrivier PM Skoon Skoon Skoon
Wellington Drakenstein PM Skoon Skoon Skoon Skoon
Worcester Breedevallei PM Skoon
Ander
Stellenbosch-kampus (Maties)       Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon

 

Groendruppeluitslae

Volgens AfriForum se groendruppeluitslae voldoen agt rioolsuiweringsaanlegte wat getoets is, nie aan die gestelde mikrobiologiese standaarde nie.

Wes-Kaap
Plek Munisipaliteit 2013 2014 2015 2016 2017 2018 2019 2020
Bitterfontein Matzikama PM Skoon >1 000
Bredasdorp Cape Agulas PM >1 000
Citrusdal Cederberg PM Skoon
Clanwilliam Cederberg PM Skoon
Darling Swartland PM Skoon Skoon
Gansbaai Overstrand PM >3 000 Skoon Skoon
George George PM Skoon Skoon Skoon Skoon >1 000
Hawston Overstrand PM Skoon Skoon
Hermanus Overstrand PM 3 600 Skoon Skoon Skoon Skoon
Kaapstad

(Clifton)

Kaapstad-metro Skoon
Kaapstad (Scottsdene) Kaapstad-metro Skoon Skoon >1 000 >1 000 >1 000
Kaapstad

(Kewtown)

Kaapstad-metro 50 000 Skoon Skoon
Kaapstad (Macassar) Kaapstad-metro Skoon
Klawer Matzikama PM 2 000 Skoon >1 500 Skoon Skoon Skoon
Kleinmond Overstrand PM Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon
Ladismith Kannaland PM Skoon Skoon
Lutzville Matzikama PM 1 500 Skoon >2 000 Skoon >1 000
Malmesbury Swartland PM Skoon
Montagu Langeberg PM Skoon
Mosselbaai Mosselbaai PM Skoon >2 400 Skoon Skoon Skoon
Nuwerus Matzikama PM Skoon Skoon
Oudtshoorn Oudtshoorn PM Skoon 100 000 Skoon Skoon Skoon >1 000
Robertson Langeberg PM Skoon Skoon Skoon
Stellenbosch Stellenbosch PM Skoon Skoon Skoon
Stilbaai Hessequa PM Skoon >1 000
Vanrhynsdorp Matzikama PM 1 500 Skoon >1 500 Skoon Skoon
Velddrif Bergrivier PM Skoon Skoon
Vredendal Matzikama PM Skoon Skoon 8 000 Skoon Skoon Skoon skoon Skoon
Vredendal-Suid Matzikama PM 2 000 Skoon >1 500 Skoon Skoon
Wellington Drakenstein PM Skoon Skoon >1 000
Worcester Breedevallei PM Skoon

 

Die burgerregteorganisasie het sy kommer uitgespreek oor rioolsuiweringsaanlegte binne die munisipaliteite waarvan die rioolwater nie aan die gestelde standaarde voldoen nie, naamlik Bitterfontein, Scottsdene, George, Lutzville, Oudtshoorn, Stilbaai, Wellington en Bredasdorp. “Ons sal die nienakoming verder ondersoek en optree waar nodig,” sê Van Heerden.

“AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater- en rioolaanlegte. Dié projekte fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater en behandelde rioolwater gelewer word,” sluit Van Heerden af.

As die bewaarder van water kom die Departement van Water en Sanitasie nie sy verpligtinge na deur wetgewing toe te pas wanneer munisipale owerhede die skuldige partye is nie. AfriForum versoek inwoners van die Wes-Kaap om aan dié organisasie die mandaat te gee om die gehalte van water voortdurend te moniteer. SMS “Skoon water” na 45265 (R1) en steun hierdie aksie.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN