AfriForum het onlangs verskeie dorpe in die Oos-Kaap se water getoets om die gehalte van dorpe in dié streek se drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal.
AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater en rioolaanlegte. Dié projek fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater en behandelde rioolwater gelewer word.
“Ons kon vasstel dat die Oos-Kaap se drinkwater aan die minimum standaarde voldoen en geen skadelike bakterieë bevat nie. AfriForum sal die watergehalte egter deurlopend toets. Inwoners het ’n grondwetlike reg tot skoon drinkwater,” sê Arno Greyling, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Suid-Kaap.
Bloudruppelresultate
Dié resultate dui daarop dat al die dorpe van die Oos-Kaap se drinkwater wat getoets is, skoon is.
Oos-Kaap | ||||
Plek | Munisipaliteit | 2017 | 2018 | 2019 |
Aliwal-Noord | Walter Sisulu PM | – | Fosfate >25 dpm | Skoon |
Barkly-Oos | Senqu PM | Skoon | – | – |
Burgersdorp | Walter Sisulu PM | – | Skoon | Skoon |
Cradock | Inxuba Yethemba PM | Skoon | Skoon | – |
Elliot | Sakhiszwe PM | Skoon | – | Skoon |
Jeffreysbaai | Kouga PM | Skoon | – | Skoon |
Middelburg | Inxuba Yethemba PM | – | Skoon | – |
Molteno | Inkwanca PM | Skoon | Skoon | – |
Oos-Londen | Buffalo City-metro | – | Skoon | – |
Port Elizabeth | Nelson Mandela-metro | Skoon | – | Skoon |
Queenstown | Lukhanji PM | – | Fekale kolivormige bakterieë >3 000 | – |
Sterkstroom | Enoch Mgijma PM | – | Skoon | – |
Stutterheim | Amahlathi PM | – | Skoon | – |
Steynsburg | Gariep PM | – | Skoon | – |
Tarkastad | Tsolwana PM | Skoon | Skoon | – |
Groendruppelresultate
Volgens AfriForum se groendruppelresultate voldoen drie rioolsuiweringsaanlegte wat getoets is nie aan die gestelde mikrobiologiese standaarde nie.
Oos-Kaap | ||||
Plek | Munisipaliteit | 2017 | 2018 | 2019 |
Aliwal-Noord | Walter Sisulu PM | – | >50 000 E. coli | >1 000 |
Barkly-Oos | Senqu PM | Skoon | – | – |
Burgersdorp | Walter Sisulu PM | – | Skoon | – |
Cradock | Inxuba Yethemba PM | Skoon | >1 500 fekale kolivormige bakterieë | – |
Elliot | Sakhiszwe PM | Skoon | Skoon | Skoon |
Jeffreysbaai | Kouga PM | Skoon | >1 000 E. coli | >1 000 |
Langkloof (Joubertina) | Kou-Kamma PM | |||
Molteno | Inkwanca PM | Skoon | >1 500 fekale kolivormige bakterieë | – |
Port Elizabeth | Nelson Mandela-metro | Skoon | – | >1 000 |
Queenstown | Lukhanji PM | – | Fekale kolivormige bakterieë >3 000 | – |
Tarkastad | Tsolwana PM | Skoon | – | – |
Die burgerregteorganisasie het sy kommer uitgespreek oor rioolsuiweringsaanlegte binne die munisipaliteite waarvan die rioolwater nie aan die gestelde standaarde voldoen nie, naamlik Aliwal-Noord, Jeffreysbaai en Port Elizabeth
“Ons sal die nienakoming verder ondersoek en optree waar nodig,” sê Greyling.
Gee aan AfriForum die mandaat om die gehalte van die Oos-Kaap se water voortdurend te moniteer: SMS “Skoon water” na 45354 (R1) om hierdie aksie te steun.
Lees die volledige verslag hier.