Header Artwork
AfriForum maak Mpumalanga se blou-en-groendruppeluitslae bekend

AfriForum het van Augustus tot Oktober 2020 verskeie dorpe in Mpumalanga se water getoets om die gehalte van dié dorpe se drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal.

Dié projek was vanjaar belangriker as ooit weens die COVID-19-pandemie en navorsing wat toon dat dié virus in rioolstelsels opgespoor kan word, wat beteken dat ’n mens brandpunte kan identifiseer.

“Ons kon vasstel dat al die dorpe se drinkwater aan die minimum standaarde voldoen en geen skadelike bakterieë bevat nie. AfriForum sal die watergehalte deurlopend toets want inwoners het ’n grondwetlike reg tot skoon drinkwater,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld

Bloudruppeluitslae

Dié uitslae dui daarop dat al die dorpe van Mpumalanga se drinkwater wat getoets is, skoon is.

Mpumalanga
Amersfoort Pixley Ka Seme PM Skoon Skoon Skoon
Badplaas Chief Albert Luthuli PM Skoon Skoon
Balfour Dipaleseng PM Skoon Skoon Skoon skoon
Barberton Mbombela PM Skoon Skoon Skoon
Belfast Emakhazeni PM Skoon Skoon Skoon Fekale kolivormige bakterieë en E. coli Skoon Skoon Skoon Skoon
Bethal Govan Mbeki PM Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon
Breyten Msukaligwa PM Skoon Skoon Skoon
Carolina Chief Albert Luthuli PM Skoon Skoon
Charl Cilliers Govan Mbeki PM Skoon Skoon Skoon Skoon
Chrissiesmeer Msukaligwa PM Skoon Skoon Skoon
Delmas Victor Khanye PM Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon
Dullstroom Emakhazeni PM Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon
Ermelo Msukaligwa PM Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon
Evander Govan Mbeki PM Skoon Skoon Skoon
Greylingstad Dipaleseng PM Skoon Skoon Skoon
Hendrina Steve Tshwete PM Skoon Skoon
Kaapsehoop Mbombela PM Skoon
Kriel Emalahleni PM Skoon Skoon Skoon Skoon
Leandra Govan Mbeki PM Skoon Skoon Skoon Skoon
Lydenburg Thaba Chweu PM Skoon Skoon Skoon Hoë konsentrasies fekale kolivormige bakterieë Skoon Skoon Skoon Skoon
Machadodorp Emakhazeni PM 5 kadmium Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon
Middelburg Steve Tshwete PM Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon
Morgenzon Lekwa PM Skoon Skoon Skoon Skoon
Nelspruit Lekwa PM Skoon Skoon Skoon Skoon
Ogies Emalahleni PM Skoon
Piet Retief Mkhondo PM Skoon Skoon Fekale kolivormige bakterieë en E. coli Skoon Skoon Skoon Skoon
Sabie   Skoon Skoon
Secunda Govan Mbeki PM Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon
Standerton Lekwa PM Kleur oorskry beperkings, maar water nie ongesond nie Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon
Stoffberg Emalahleni PM Skoon
Sundra Victor Khanye PM Skoon Skoon Skoon
Trichardt Govan Mbeki PM Skoon Skoon
Volksrust Pixley Ka Seme PM Skoon Skoon Skoon
Wakkerstroom Pixley Ka Seme PM Skoon Skoon Skoon
Witbank eMalahleni PM 11 totale organiese koolstof Skoon Fekale kolivormige bakterieë en E. coli Skoon Skoon Skoon Skoon
Witrivier Mbombela PM Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon

 Groendruppeluitslae

Volgens AfriForum se groendruppeluitslae voldoen dertien rioolsuiweringsaanlegte wat getoets is, nie aan die gestelde mikrobiologiese standaarde nie.

Mpumalanga
Plek Munisipaliteit 2013 2014 2015 2016 2017 2018 2019 2020
Amersfoort Pixley ka Seme PM Skoon
Balfour Dipaleseng PM >2 500 Skoon
Belfast Emakhazeni PM 19 000 690 000 5 200 >2 400 >5 000 Skoon Skoon >1000
Bethal Govan Mbeki PM 450 000 100 000 50 000 E. coli >1 000 >1 000 Kon nie toets nie (water loop nie deur aanleg nie)
Charl Cilliers Govan Mbeki PM Skoon Skoon
Delmas Victor Khanye PM Skoon 1 500 Hoë fosfate Skoon
Dullstroom Emakhazeni PM 2 000 Skoon Skoon Skoon >1000
Ermelo Msukaligwa PM Skoon 310 000 590 000 1 500 Skoon Skoon
Evander Govan Mbeki PM >1 000 >10 000
Greylingstad Dipaleseng PM Skoon Skoon
Kriel Emalahleni PM >1 500
Leandra Govan Mbeki PM Skoon >10 000
Lydenburg Thaba Chweu PM 1 000 000 73 400 >1 000 1 500 Skoon >1 000 Kon nie toets nie (water loop nie deur aanleg nie)
Machadodorp Emakhazeni PM Skoon Skoon Fosfaat >10 >1000
Middelburg Steve Tshwete PM Skoon 1 500 Fosfaat >25 Skoon >10 000
Morgenzon Lekwa PM >1 500 Skoon
Nelspruit Mbombela PM Nitraat

>25

>1000
Piet Retief Mkhondo PM >1 000 >1 000 Skoon Skoon
Secunda (Kinross) Govan Mbeki PM 2 000 Skoon Skoon >1 000 >10 000
Secunda

(Trichardt)

Govan Mbeki PM >1 000
Standerton Lekwa PM 100 000 50 000 30 000 E. coli >1 000 >10 000 >10 000
Volksrust Pixley ka Seme PM Skoon
Wakkerstroom Pixley ka Seme PM Skoon
Witbank Emalahleni PM 4 000 Hoë fosfaattelling >5 000 >10 000
Witrivier Mbombela PM Skoon Skoon Skoon

 Die burgerregteorganisasie het sy kommer uitgespreek oor rioolsuiweringsaanlegte binne die munisipaliteite waarvan die rioolwater nie aan die gestelde standaarde voldoen nie, naamlik: Belfast, Bethal, Dullstroom, Evander, Leandra, Lydenburg, Machadodorp, Middelburg, Nelspruit, Secunda (Kinross), Secunda (Trichardt), Standerton en Witbank. “Ons sal die nienakoming verder ondersoek en optree waar nodig,” sê Bronwen Pretorius, AfriForum se Distrikskoördineerder vir die Hoëveld distrik.

“AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater- en rioolaanlegte. Dié projekte fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater en behandelde rioolwater gelewer word,” sluit Pretorius af.

As die bewaarder van water kom die Departement van Water en Sanitasie nie sy verpligtinge na deur wetgewing toe te pas wanneer munisipale owerhede die skuldige partye is nie. AfriForum versoek inwoners van Mpumalanga om aan dié organisasie die mandaat te gee om die gehalte van water voortdurend te moniteer. SMS “Skoon water” na 45350 (R1) en steun hierdie aksie.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN