Header Artwork
AfriForum Jeug in Ellisras samel kos vir DBV in

Die burgerregtewaghond AfriForum se jeugvleuel in Ellisras het op 16 November 2019 kos vir die plaaslike Dierebeskermingsvereniging (DBV) ingesamel en aan dié organisasie oorhandig om die druk wat hulle tydens die feesseisoen ervaar, te help verlig. Die jeug het ook met van die diere gestap en gehelp met sommige van die DBV se daaglikse pligte.

Altesaam 77,19 kg kos is ingesamel, wat 44 blikkies honde- en katkos, agt sakke hondekos en tien sakke katkos insluit.

“Die ondersteuning wat ons van plaaslike kleuterskole ontvang het tydens hierdie projek is fantasties. Ons wil almal bedank wat ’n bydrae gelewer het sodat ons ’n daadwerklike verskil in Ellisras kon maak,” sê David Rule, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Soutpansberg.

Raak vandag nog by dié tak se jeugstruktuur betrokke en help om ’n verskil te maak: SMS “Ellisras” na 32687 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN