AfriForum se eerste VirHoop-gemeenskapsdag is vandag by die Voortrekkermonument gehou. Verskeie vriende en gesinne het die dag bygewoon waar daar pretlope aangebied is, bergfiets gery is en ongeveer 60 stalletjies was wat alles van juwele tot klere en heerlike eetgoed verkoop het. Ronald Peters, AfriForum se bestuurder van Sport, sê dit was verblydend om te sien hoe soveel mense die dag in ’n veilige omgewing kom geniet het.