Header Artwork


AfriForum se veiligheidspan het op 9 November 2018 teenkapingsopleiding in Soweto aan South Africa United Against Crime (SAUAC), ’n niewinsgewende organisasie wat daarna streef om gemeenskapsveiligheid te bevorder, aangebied.
Thomas van Dalen, AfriForum se opleidingsbestuurder vir gemeenskapsveiligheid, het teenkapingsopleiding aan SAUAC-patrolleerders gegee om hulle te bemagtig om tydens patrollies meer paraat te wees en hul gemeenskap doeltreffender in die stryd teen misdaad te kan bystaan.

“AfriForum bied hierdie opleiding aan ander instansies om gemeenskappe te bemagtig om binne die raamwerk van die wet as die oë en ore vir die SAPD op te tree en hulle selfs meer weerbaar te maak en so ook samewerking met ander veiligheidsinstansies te verbeter,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se veiligheidhoof vir die noordstreek.
“Ons moet verenig en saam werk, beplan en oplei om gemeenskapsveiligheid te verbeter,” sê Siphiwe Kunene van SAUAC.

 

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN