Header Artwork
AfriForum-buurtwag in Rustenburg beveilig gemeenskap

Die AfriForum-buurtwag in Rustenburg het op 12 September 2020 veiligheidsmonitering by die Departement van Binnelandse Sake gedoen. Groot hoeveelhede mense besoek dié Departement op Saterdae en dit het vroeër vanjaar veiligheidsinsidente tot gevolg gehad. Dié buurtwag het die area van 08:00 tot 14:30 gemoniteer en geen voorval is aangemeld nie.

“Die gemeenskap voel nie veilig wanneer hul dokumente by die Departement gaan afhaal nie. Baie mense beskou die area as uiters onveilig en die groot groepe mense veroorsaak ’n geweldige veiligheidsrisiko. Dit is veral ’n probleem aangesien baie kinders hul identiteitsdokumente daar moet gaan afhaal. AfriForum se buurtwag staan egter gereed om mense veilig te hou en is dankbaar dat daar die afgelope naweek geen voorvalle was nie,” sê Dawie Odendaal, veiligheidsvoorsitter van AfriForum se Rustenburg-tak.

“Hierdie sukses sou nie moontlik gewees het sonder die positiewe verhoudings tussen die verskeie gemeenskapsveiligheidstrukture in Rustenburg nie. AfriForum is dankbaar om deel van ’n gemeenskap te wees wat saam staan – veral wanneer dit kom by ons gemeenskapslede en hul geliefdes se veiligheid,” sê Petrus Coetzee, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: SMS jou naam na 45351 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN