Header Artwork
AfriForum betuig medelye met Mamabolo-familie en betreur verlies van ’n kollega en vriend

AfriForum wil graag meegevoel betoon aan die Mamabolo-familie nadat adv. Elijah (Tiger) Mamabolo op 18 Januarie 2021 tragies afgesterf het. Die burgerregteorganisasie betreur die verlies van ’n gewaardeerde kollega en vriend.

Adv. Mamabolo het ook in verskeie van die sake wat die privaatvervolgingseenheid aangepak het as woordvoerder vir AfriForum opgetree.

“Adv. Mamabolo was voorheen ’n senior aanklaer in die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en het in 2018 by AfriForum se privaatvervolgingseenheid aangesluit. Die verlies aan adv. Mamabolo se kundigheid, kollegialiteit en passie vir sy werk laat ’n onvulbare leemte in die privaatvervolgingseenheid en die breër organisasie,” sê adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het Tiger sy lewe toegewy aan die stryd vir geregtigheid. “Dit was ’n voorreg om vir meer as twee jaar saam met Tiger sy stryd vir geregtigheid by AfriForum te kon voortsit. Die regsberoep en AfriForum gaan Tiger terdeë mis.”

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN