Gemeenskapsake
Gemeenskapsake fokus op kwessies wat ’n direkte impak op die gemeenskap se veiligheid en gesondheid mag hê, insluitend kwessies op munisipale vlak. Dit word vermag deur ’n netwerk van AfriForum-takke dwarsoor Suid-Afrika – deur die mense, vir die mense.Takke
AfriForum-takke stel jou in staat om by die organisasie betrokke te raak en ’n verskil in jou gemeenskap te maak.
Die hoofdoelstelling van ’n AfriForum-tak is om gemeenskappe te organiseer, asook om projekte en aksies in die volgende fokusareas uit te voer:
- Gemeenskapsprojekte
- Gemeenskapsveiligheid
- Plaaslikeregeringsake
- Omgewingsake
- Jeug
- Gesondheid
- Kultuur en toerisme
AfriForum-takbesture bestaan uit takbeamptes wat die doelwitte van elke fokusarea bevorder.
AfriForum-takke word deur AfriForum-lede gefinansier deur spesifiek skenkings aan hul plaaslike tak te maak. Sakeondernemings is ook welkom om ons takprojekte deur maandelikse skenkings te finansier om ’n beter en gesonder sakeomgewing in die betrokke dorp te verseker. Artikel 18A-sertifikate is op aanvraag beskikbaar.
Die kernfilosofie van AfriForum se strukture behels dat daar nie op die staat gewag word om gemeenskappe se probleme op te los nie, maar dat daar eerder ’n daadwerklike verskil deur selfdoenprojekte vermag word. Deur die krag van gemeenskappe saam te snoer, kan ons saam ’n vry, veilige en voorspoedige toekoms skep.
Selfdoen is beter as niksdoen: Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke!
Spoor jou naaste tak op
Spoor jou naaste tak op deur eerstens jou provinsie hieronder te kies.
Gauteng
Takke in hierdie provinsie:
Alberton, Apiesrivier, Benoni, Boksburg, Brakpan, Bronkhorstspruit, Edenvale, Fochville, Germiston, Heidelberg, Hennopsrivier, Kempton Park, Krugersdorp, Midvaal, Moot, Moreleta, Oos-Moot, Pionier, Pretoria-Wes, Randfontein, Rayton-Cullinan, Roodeplaat, Roodepoort, Springs, Vanderbijlpark, Vereeniging, Wes-Moot en Westonaria
KwaZulu-Natal
Takke in hierdie provinsie:
Hluhluwe, Margate, Newcastle, Paulpietersburg, Pongola, Richardsbaai, Utrecht en Vryheid
Limpopo
Takke in hierdie provinsie:
Ellisras, Hoedspruit, Marble Hall, Naboomspruit, Nylstroom, Phalaborwa, Pietersburg, Thabazimbi, Thabazimbi-Suid, Tzaneen en Warmbad
Mpumalanga
Takke in hierdie provinsie:
Belfast, Bethal, Delmas, Ermelo, Leandra, Lydenburg, Machadodorp, Middelburg, Nelspruit, Piet Retief, Secunda, Standerton, Witbank en Witrivier
Noord-Kaap
Takke in hierdie provinsie:
Bo-Karoo, Hopetown, Kamiesberg, Kathu, Keimoes, Kimberley, Kuruman, Postmasburg, Prieska, Springbok, Strydenburg, Upington, Vaalharts, Warrenton en Williston
Noordwes
Takke in hierdie provinsie:
Biesiesvlei, Bloemhof, Bothaville, Brits, Buffelspoort, Christiana, Coligny, Delareyville, Fochville, Hartbeespoort, Hertzogville, Klerksdorp, Koster, Lichtenburg, Mooinooi, Potchefstroom, Rustenburg, Sannieshof, Schweizer-Reneke, Stilfontein, Ventersdorp, Vryburg, Wolmaransstad en Zeerust
Oos-Kaap
Takke in hierdie provinsie:
Aliwal-Noord, Elliot, Gamtoosvallei, Jeffreysbaai en Port Elizabeth
Vrystaat
Takke in hierdie provinsie:
Bethlehem, Bloemfontein, Bloemfontein-Noord, Boshof, Bultfontein, Dealesville, Fichardtpark, Frankfort, Harrismith, Heilbron, Hospitaalpark, Langenhovenpark, Leeuberg, Parys, Pellissier, Petrus Steyn, Rayton-Heuwelsig, Reitz, Sasolburg, Senekal, Uitsig, Welkom, Wilgehof en Winburg
Wes-Kaap
Takke in hierdie provinsie:
George, Helderbergkom, Hessekwa, Kaapstad-Noord, Kaap Agulhas, Kraaifontein, Malmesbury, Mosselbaai, Oudtshoorn, Overstrand, Robertson, Stellenbosch, Velddrif, Vredendal en Worcester
Kontak jou naaste AfriForum-tak
Taksuksesse
AFRIFORUM-SUKSESSE: MAART 2020
GAUTENG GROTER PRETORIA Algemeen Die AfriForum-buurtwagte in Apiesrivier, Bronkhorstspruit,...
AFRIFORUM-SUKSESSE: FEBRUARIE 2020
GAUTENG GROTER PRETORIA AfriForum het oudits uitgevoer by die vullisterreine in Bronkhorstspruit,...
AFRIFORUM-SUKSESSE: JANUARIE 2020
GAUTENG GROTER PRETORIA AfriForum het ’n kostebevel teen die Tshwane-metro in die Noord-Gautengse...