Header Artwork

Gemeenskapsake

Gemeenskapsake fokus op kwessies wat ’n direkte impak op die gemeenskap se veiligheid en gesondheid mag hê, insluitend kwessies op munisipale vlak. Dit word vermag deur ’n netwerk van AfriForum-takke dwarsoor Suid-Afrika – deur die mense, vir die mense.

Pionier

Pionier is ’n dienstemaatskappy met ’n winsoogmerk. Dié dienstemaatskappy is ’n inisiatief van AfriForum, wat 100% aandeelhouding in die maatskap het.

Ons generasie word opgeroep om pioniers van selfbestuur te wees. Die Afrikanergeskiedenis word gekenmerk deur pionierswerk wat die Afrikaner in staat gestel het om in moeilike omstandighede en teen alle verwagting in suksesvol te oorleef en wat tot die opheffing van die Afrikanergemeenskap bygedra het.

Die Afrikaner se lewensruimte het sedert 2015 toenemend begin verval – met rampspoedige gevolge. Dit is veral primêre dienste soos water, elektrisiteit en vullisverwydering, asook infrastruktuur wat besig is om in duie te stort. Daar is geen vooruitsig op verbetering in die kort termyn nie.

Die snelle verval van dié dienste dwing ons om primêre dienste self te bestuur en, waar moontlik, self te begin lewer. Dié pad na selfbestuur is inderdaad Pionier se werk.

Pionier se vegplan

Pionier gaan deurlopende veldtogte op voetsoolvlak loods om te verseker dat AfriForum sigself doeltreffend posisioneer om gapings in die dienslewering te vul wanneer die geleentheid hom voordoen. Deelname aan die proses vir geïntegreerde ontwikkelingsplanne is ’n goeie voorbeeld hiervan.

Hoëvlak skakeling met ministers, plaaslike rade en munisipaliteit gebeur deurlopend om AfriForum se posisie te verstewig en verhoudinge te bou.  

Al hierdie sake het daarmee te make om – gebaseer op wetgewing – dienste formeel op voetsoolvlak te mag lewer sodat die gemeenskap self dienste namens die staat mag lewer.

Pionier se bouplan

Pionier is ’n voertuig wat gestig is om die selfbestuur van tradisionele munisipale dienste in gemeenskappe te verrig of te laat verrig waar munisipaliteite nie meer in staat is om dié dienste aan die gemeenskappe te lewer nie.

Pionier se doelwitte:

  • Om selfbestuurvermoë en infrastruktuur te vestig om te verseker dat volhoubare gehaltediens op hoofsaaklik – maar nie uitsluitlik nie – die volgende areas gelewer kan word:
  • die bestuur van waterhulpbronne en die lewering van skoon drinkwater
  • rioolbestuur
  • vullisverwydering- en terreinbestuur
  • elektrisiteitlewering
  • Om plaaslik ondernemings, spesialiste, persone en die plaaslike AfriForum-tak betrokke te kry sodat dienste volhoubaar in gemeenskappe deur gemeenskappe gelewer kan word.

Pionier poog om kundiges in te span en by die maatskappy betrokke te kry om die vermoë te skep om op verskeie maniere dienste aan die gemeenskap te kan lewer. Die uiteindelike doel is om openbare/privaat-vennootskappe met munisipaliteit te sluit om munisipale dienste aan gemeenskappe te lewer.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN