Header Artwork

Gemeenskapsake

Gemeenskapsake fokus op kwessies wat ’n direkte impak op die gemeenskap se veiligheid en gesondheid mag hê, insluitend kwessies op munisipale vlak. Dit word vermag deur ’n netwerk van AfriForum-takke dwarsoor Suid-Afrika – deur die mense, vir die mense.

Omgewingsake

Almal het die reg tot ’n gesonde omgewing wat goeie gesondheid bevorder. Dit is egter moontlik dat politiese omstandighede mense van hul omgewingsregte kan ontneem. Om hierdie rede is AfriForum se omgewingsake-afdeling in die lewe geroep: Om omgewingsgesondheid en die volhoubaarheid daarvan binne die raamwerk van omgewings- en waterwetgewing te bewerkstellig en bevorder.

Dié afdeling maak veral van sy takke se omgewingsakeportefeuljes gebruik om ’n nasionale omgewings- en watermoniteringsfunksie te skep. Dit tree dus as waghond op om oortredings te identifiseer en die betrokke reguleerder vir doeltreffende water- en omgewingsbestuur verantwoordelik te hou. Die afdeling fokus ook sterk daarop om selfdoenvermoë by takke te skep om, waar nodig en in samewerking met plaaslike munisipaliteite, waterinfrastruktuur te help onderhou, vullisterreine skoon te maak en rioolinfrastruktuur te herstel. Dit is in die tak se belang om ’n volhoubare toekoms vir sy nageslag te skep deur plaaslike omgewingsaksies te dryf.

Omgewingsake se werksaamhede word tussen projekte, veldtogte en petisies verdeel.

Projekte

Omgewingsake is by verskeie projekte en inisiatiewe gemoeid. Die belangrikste hiervan is:

Blou-en-groendruppelprojek

Dié projek fokus op die gehalte van drink- en rioolwater en verseker dat munisipaliteite se watergehalte aan die minimum wetlike vereistes voldoen. Op dié wyse het Omgewingsake verseker dat ten minste 7 miljoen mense toegang tot skoon drinkwater het.

Vullisterreinoudit

Dié oudit meet munisipale vullisterreine se voldoening aan wetgewing aan die hand van ’n aantal vrae wat op die minimum wetlike vereistes vir vullisterreine gebaseer is.

Boomplantmaand

Hoewel Suid-Afrika Nasionale Boomplantweek vier, het Omgewingsake dié week na ’n maand verleng om bewustheid vir dié onontbeerlike hulpbron te skep.

Skoonmaakmaand

Dié projek stel die gemeenskap in staat om self ’n geïdentifiseerde area in hul dorp te teiken en skoon te maak deur rommel op te ruim, bome en struike te snoei en alles na ’n stortingsterrein weg te neem.

Noodwaterpunte

AfriForum help droogtegeteisterde gemeenskappe deur noodwaterpunte te skep waar water beskikbaar gestel kan word, byvoorbeeld onlangs in Kaapstad.

Mynwaterlisensieoudit

Dié oudit bepaal of die departement van omgewingsake die mynbedryf se waterverbruik in terme van lisensievoorwaardes doeltreffend bestuur, asook hoeveel myne sonder dié lisensies myn.

Herwinning

Dié projek fokus op herwinning op takvlak en sluit herwinning van papier, bottels en blikkies, drukkerinkhouers, karton, batterye en selfs meubels in. Deur ’n herwinningsprojek van stapel te stuur, kan ’n tak ’n direkte positiewe impak op die omgewing hê en – as dit reg bestuur word – ’n inkomste vir die tak genereer.

Bewaringsgebiede

Dié projek fokus op nasionale parke en natuurreservate in plaaslike gemeenskappe, asook deelname aan die boomplantmaandprogram. Die doelwit is om ’n selfdoenvermoë te skep om plaaslike bewaringsgebiede te onderhou en inspraak op volhoubare ontwikkeling te vestig.

Bedreigde spesies

Die projek gaan inligting oor bedreigde fauna- en floraspesies onder lede se aandag bring, veral in die geval van enige rooidataspesies en bedreigde of sensitiewe ekostelsels.

Veldtogte en petisies

Dit is soms nodig om petisies te loods om die owerhede van spesifieke sake bewus te maak en druk op dié owerhede te plaas om aan eise gehoor te gee. In ander gevalle word veldtogte van stapel gestuur om die natuurlike fauna en flora ná natuurrampe te herstel, byvoorbeeld in die geval van die verwoestende Knysna-brande. AfriForum is met die volgende petisies en veldtogte gemoeid:

Spekboomuitdaging

Spekboomuitdaging

AfriForum beplan om vanjaar 1 000 spekbome regoor Suid-Afrika in samewerking met Pascal Pienaar te...

Mediaverklarings

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN