Header Artwork


Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaat vervolgingseenheid, het op Dinsdag, 27 Maart 2018 op uitnodiging van dié organisasie se Hessekwa-tak die gemeenskap van Riversdal en omliggende dorpe oor korrupsie en privaat vervolging toegespreek. Die praatjie is deur ongeveer 120 lede van die publiek bygewoon.
Adv. Nel het beklemtoon dat die publiek nie kan toelaat dat persone wat vervolging weens hul politieke konneksies vryspring daarmee wegkom nie. Hy het afgesluit met die bekende aanhaling van Albert Einstein: “Die wêreld gaan nie verwoes word deur hulle wat booshede aanvang nie, maar deur hulle wat toekyk sonder om iets te doen.”

“Die aand was ’n sukses en ons voel bevoorreg dat Adv. Nel van sy kundigheid met ons kom deel het,” sê Evert Bouwer, voorsitter van AfriForum se Hessekwa-tak.

Om by AfriForum se Hessekwa-tak betrokke te raak, stuur ’n e-pos na ejpbouwer@gmail.com en maak ’n verskil.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN