AfriForum beskou die aankondiging dat oudpresident Jacob Zuma op mediese parool vrygelaat is as ’n skending van geregtigheid. Die burgerregteorganisasie raadpleeg tans sy regsspan oor die moontlikheid om ’n dringende hersieningsaansoek te bring.
Ernst Roets, hoof van Beleid en Aksie by AfriForum, sê dat die vrylating van Zuma op mediese parool ’n growwe skending van geregtigheid is wat nie so aanvaar kan word nie.