Header Artwork
AfriForum voorsien water aan Standerton-gemeenskap

AfriForum se Standerton-tak en -buurtwag het tussen 16 en 18 Junie 2021 meer as 50 000 liter water aan dié dorp se inwoners voorsien. Hierdie watervoorsieningsprojek is in samewerking met Kasselman Veiligheidsdienste, die Hoërskool Standerton, Northern Light Foundation, die A.G.S. Kerk Ekklesia, Ons Radio, Lekwa Cleanup Crew, Tonkin Boerdery, Clear Water en Heymans Kole (Pty) Ltd van stapel gestuur. Dít volg nadat inwoners twee dae lank sonder water moes klaarkom en gevolglik die AfriForum-tak en ander rolspelers om hulp genader het.

Die oorsprong van die waterprobleem is ’n gebarste hoofpyplyn wat water na die dorp voer.

Volgens Pieter Botha, voorsitter van AfriForum se Standerton-tak, sal dié organisasie die gemeenskap bystaan en voortgaan om water te voorsien. “Ons het ’n waterpunt in Standerton opgerig en het waterkanne gebruik om water na inwoners te vervoer – veral na inwoners wat nie hul eie vervoer het nie of nie baie ver kan reis om water te kry nie.”

Volgens Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld, stel die tak ’n goeie voorbeeld met betrekking tot hoe die gemeenskap mekaar in tye van nood kan bystaan. “Dit is goed om te sien hoe AfriForum-takke die kapasiteit skep om mekaar te ondersteun.”

AfriForum moedig gemeenskapslede aan om by die projek betrokke te raak. “Ons vra dat almal met toegang tot boorgate ons asseblief in kennis sal stel sodat ons mense sonder enige toegang tot water kan help. Ons sal saamstaan sodat hierdie probleem ons nie onderkry nie,” sê André Pienaar, leier van AfriForum se Standerton-buurtwag.

Sluit vandag nog by AfriForum se Standerton-tak aan en maak ’n verskil: Stuur ’n e-pos na voorsitter.standerton@afriforumtak.co.za.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN