Header Artwork
AfriForum se Bronkhorstspruit-tak en -jeugtak skop volhoubare asblikprojek af

AfriForum se Bronkhorstspruittak en jeugtak het Woensdag 16 Junie 2021 skouer aan die wiel gesit en ses asblikke in Cathiestraat aangebring. Hierdie is slegs die beginfase van dié volhoubare projek en die tak beoog om nog meer asblikke beskikbaar te maak.

Die Tshwane Metro het ook gehelp deur al die groot ashope op die sypaadjies te verwyder. AfriForum se taken jeugbestuur sal die dromme weekliks leegmaak en die rommel verwyder.

AfriForum Jeug het dit geniet om n bydrae te maak om ons dorp skoon en netjies te hou, só leer hulle al vroeg dat selfdoen beter is as niksdoen,” Dylan Dicks,jeugleier by AfriForum Jeug se Bronkhorstspruittak.

Ons wil die borge van die projek bedank – Grant van Bronkho Tool Hire wat goedgunstiglik aan ons ’nawegaar vir die dag geleen het, Nico van Just Bin It vir die skenking van die dromme en Christo Viktor vir al die voorbereiding met die dromme,” sê Magda Lewis,voorsitter van AfriForum se Bronkhorstspruittak.

“Ons moedig graag die plaaslike skole, ondernemings en alle inwoners aan om by ons projekte betrokke te raak om ons gemeenskap te verbeter. Dis wonderlik om te sien hoe takstrukture al hoe meer volhoubare aksies in hulle gemeenskappe aanpak,” Sampie Steinberg,distrikskoördineerder vir PretoriaNoord.

Sluit gerus aan met ’n vrywillige maandelikse bydrae deur op die gratis Telegramtoepassing n kort verifikasiete doen by https://t.me/AfriForumBuurtBot, of SMS “Bronkhorstspruit” na 45340 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN