Header Artwork
AfriForum se Stellenbosch-tak plant ’n boom vir ’n groener toekoms

Die AfriForum-tak in Stellenbosch het op 11 Junie 2021 in samewerking met  Wildtrust en Stellenbosch Trail Fund ’n bosvlier (Nuxia floribunda) as ’n gedenkboom langs die gewilde Koloniesland-wandelpad in die dorp geplant.

Die boom staan langs die wandelpad op pad na die skeitrog aan die bopunt van die park wat aan die Eersterivier grens en ’n mooi uitsig bied oor Die Pieke in die Jonkershoek Natuurreservaat.

“Om ’n boom te plant wys dat ’n mens hoop het vir die toekoms. Al gaan jy dalk nie self die skadu of vrugte van die boom geniet nie, glo jy dat jou nageslag dit wel sal geniet. Ek wil mense aanmoedig om deur die jaar bome te plant om sodoende hoop vir die toekoms te help skep,” sê Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

Die tak moedig die gemeenskap aan om by die projek betrokke te raak en deel te word van ’n vooruitstrewende en groener toekoms. Sluit vandag nog by AfriForum se Stellenbosch-tak aan: SMS “Stellenbosch” na 45350 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN