Header Artwork
AfriForum se Oos-Moot-buurtwag verwyder boom wat pad versper

AfriForum se Oos-Moot-buurtwag het die gemeenskap op 1 Mei 2021 net ná middernag te hulp gesnel nadat ’n boom een van die hoofpaaie in dié woonbuurt versper het.

Nadat buurtwaglede ’n vier uur lange bergpatrollie voltooi het, het hulle op ’n boom afgekom wat die pad op die hoek van Haarhoffstraat en 26ste Laan versper het. Die boom het op pad grond toe kragkabels ontwrig en die omliggende gebiede sonder krag gelaat. Die kragonderbreking is vinnig aangemeld en die boom is stuk-stuk opgesaag en weggery.

“Suksesvolle operasies soos dié is te danke aan AfriForum se vrywilligers en ons moedig die gemeenskap aan om by hul plaaslike AfriForum-buurtwagte en -takke betrokke te raak,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

Sluit by AfriForum se Oos-Moot-buurtwag aan: Laai die Telegram-toep af by https://t.me/AfriForumBuurtBot of SMS jou naam na 45341 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN