Julius Malema, leier van die EFF, en Mbuyiseni Ndlozi, EFF-woordvoerder, het vandag in die Randburgse Landdroshof op klagtes van aanranding verskyn. Die saak, wat verband hou met ’n insident by Winnie Mandela se begrafnis in 2018 waar hulle glo Johannes Venter, ’n SAPD-kolonel, aangerand het, het aanvanklik gesloer tot AfriForum se Privaatvervolgingseenheid betrokke geraak het. Twee getuies is al ondervra oor ’n kringtelevisievideo waarop die beweerde aanranding vasgevang is. Ernst Roets, AfriForum se hoof van Beleid en Aksie, het die hoop uitgespreek dat geregtigheid sal geskied. Die saak hervat môre.
Soek
Onlangse nuus
- Forum Nuus: Die week se blitsflits
- AfriForum verwelkom rehabilitasie van Vryburg-vullisterrein
- Forum Nuus: Forum Sekuriteit wil veiligheid by skole verseker
- AfriForum se Belfast-tak kies nuwe bestuur
- AfriForum inspekteer Modimolle-rioolaanleg
- AfriForum dien korrupsieklag teen Fikile Mbalula en Departement van Vervoer in
- Tatjana en Bianca in ekstase oor prysgeld en steun van publiek
- Bring jou klein “prins” of “prinsessie” vir kinderboekvoorlesing by die AfriForum Teater
- Nuwe kameras help om Malalane te beveilig
- Stop lisensie-uitbuitery!