Header Artwork
AfriForum se Ermelo-tak rig dak op by Pre-primêre Skool JJ van der Merwe

Die AfriForum-tak in Ermelo het in Februarie voortgegaan met sy projek by die Pre-primêre Skool JJ van der Merwe waar ’n buiteklaskamer vir die kleuters gebou word. Die tak het gehelp met die tweede fase van die projek deur ’n dak op te rig bo-oor die plaveisel wat verlede maand vir die buiteklaskamer gelê is.

Die buiteklaskamer is vir die kleuters ’n groot aanwins omdat verjaarsdae en aktiwiteite daar gehou kan word. Die Ermelo-tak se betrokkenheid by projekte soos hierdie skep hoop in die gemeenskap.

“Wat ’n groot voorreg is dit nie vir ons om die tweede fase van die projek af te handel met die wete dat die klaskamer nou gereed is vir die kinders om te gebruik nie. Dankie aan almal wat dit vir ons moontlik gemaak het,” sluit Renier van Heerden, voorsitter van die Ermelo-tak, af.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN