Header Artwork
AfriForum se Schweizer-Reneke-tak help met waterverspoelings

Die AfriForum-tak in Schweizer-Reneke het op 2 Februarie 2021 verskeie strate in die dorp met ’n laaigraaf en stootskraper oopgeskraap om vloede te help vermy.

’n Hewige reënbui het veroorsaak dat baie van die grondpaaie in Schweizer-Reneke verspoel het. Die stormwaterslote is verstop en die water wat in die pad afstroom het geen plek gehad om heen te beweeg nie. Dit het veroorsaak dat water in talle huise begin instroom het.

Esmé Venter, ’n bekende sakevrou van Schweizer-Reneke en ook ’n AfriForum-takbestuurslid, het dadelik aan die werk gespring en ’n laaigraaf en stootskraper gereël om die areas langs die paaie oop te skraap sodat die water nie skade veroorsaak by huise nie.

“Die gemeenskap het die plaaslike AfriForum-tak bedank vir hulle entoesiasme en kreatiewe optrede. Daar was positiewe reaksie op sosiale media, oproepe vanuit die gemeenskap en WhatsApp-boodskappe, ek het dank vanuit alle kante ontvang vir die vinnige reaksie en positiewe optrede van die plaaslike tak,” sê Gerhard Nieuwoudt, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland.

“Dit maak nie saak wat die probleem in ons dorp is nie, AfriForum is altyd reg om te help en te werk aan oplossings. In ’n tyd waar daar baie is om oor te kla, is ons besig om ’n verskil te maak,” sê Esmé Venter, AfriForum se plaaslike bestuurslid.

Sluit nog vandag by AfriForum aan en help ons om ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap te maak. SMS jou naam na 45351 (R1) en word deel van die oplossing

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN