Deur Marthinus Koekemoer
Marble Hall het onlangs die negende dorp in Limpopo geword waar “Welkom in AfriForum-Wêreld”-borde aangebring is. Die borde dien as ’n manier om bewusmaking vir AfriForum te skep asook om ’n noodnommer van die plaaslike buurtwag aan verbygangers beskikbaar te maak. Die nommer kan ook geskakel word om munisipale klagtes aan te meld.