Header Artwork
AfriForum se Buffelspoort-tak installeer sekuriteitskameras 

Die AfriForum-tak in Buffelspoort het gedurende Desember 2020 sekuriteitskameras by ’n besige roete in die landelike gemeenskap geïnstalleer om sodoende die area, wat gereeld deur misdadigers geteiken word, te beveilig. Die kameras is opgerig by die R104- en Rexwegkruising, ongeveer 15 km oos van Rustenburg.

Die AfriForum-tak gaan die kameras moniteer om die algemene veiligheid in die area te verhoog, deur hoofsaaklik verdagte voertuie met behulp van nommerplaatherkenningstegnologie te identifiseer.

“AfriForum en sy lede dien gemeenskappe op verskeie maniere en veiligheid is ’n belangrike komponent daarvan. Ons eer graag die manne en vroue wat hul tyd en hulpbronne hiervoor aanwend. Ons sien uit na verhoogde sekuriteit in die Buffelspoort-area danksy die kameraprojek,” sê Joseph Renaud, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid vir die sentraalstreek.

“Misdaad is besig om toe te neem vanweë die toename in werkloosheid wat die land tans in die gesig staar. Dit is belangrik dat ons as gemeenskap betrokke raak om inwoners se veiligheid te verseker,” sê Petrus Coetzee, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Groot Marico-distrik.

AfriForum wil graag ’n groter verskil in die gemeenskap maak en moedig inwoners aan om betrokke te raak. Word deel van die oplossing: SMS “Buffelspoort” na 45351 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN