Header Artwork
AfriForum stig plaaswag in Philippi

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 6 November amptelik ’n plaaswag in Philippi gestig. Die plaaswag in Phillipi sal onder AfriForum se Kaapstad-Noord-tak funksioneer. Ander AfriForum-buurtwagte wat onder die Kaapstad-Noord-tak funksioneer is die Bellville-buurtwag, wat al verskeie suksesse behaal het.

Voordat ’n plaaswag gestig mag word, moet 30 gedragskodes onderteken word. Die bestuur bestaan uit die volgende lede: Gunther Rix (plaaswagleier), Anet Liebenberg (sekretaresse), Mark Mcelhone en Volkmar Engelke wat beide as groepleiers sal dien.

“Die gemeenskap in Phillipi het besef dat hulle verantwoordelikheid sal moet neem vir hulle eie veiligheid en sien uit om in samewerking met die SAPD en ander plaaslike veiligheidsinstansies en rolspelers te werk om sodoende hul omgewing te beveilig,” sê Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

AfriForum bied bepaalde voordele en beskerming aan sy buurtwaglede en lede ontvang ook deurlopend opleiding.

Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak en -buurtwag betrokke te raak om ’n daadwerklike verskil te maak:  SMS “Kaapstad-Noord” na 45265 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN