Header Artwork
AfriForum se Bethal-tak snoei bome by gevaarlike kruising

Die AfriForum-tak in Bethal het op 28 September bome gesnoei wat die stoptekens op die N17-snelweg versper het.

Hierdie bome het ’n veiligheidsrisiko vir padgebruikers ingehou aangesien motoriste versuim het om by dié kruising te stop.

Die N17-snelweg loop deur Bethal en talle motoriste maak daagliks van hierdie pad gebruik. Die bome is geleë waar Wicht- en Kleynhansstraat met die N17 kruis.

“Klein projekte soos hierdie kan talle mense se lewens red en beserings voorkom. Hierdie kruising word gereeld verontagsaam aangesien mense nie die stoptekens kan sien nie,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN