AfriForum se Langenhovenpark-buurtwag in Bloemfontein het op 1 September 2020 hul mobiele noodwaterpunt aan die gemeenskap beskikbaar gestel nadat inwoners gekla het dat hul geen watertoevoer by hul huise het nie. Dit volg nadat Bloemwater aangekondig het dat waterdruk verlaag gaan word weens die Mangaung Metro se wanbetaling aan dié waterraad.
AfriForum se mobiele waterpunt gaan om 18:00 in die aande in Dirk Oppermanstraat, Langenhovenpark gereed wees om water aan die gemeenskap te voorsien.
“AfriForum het reeds ’n aanmaning aan die Manguang Metro gerig weens die wanbetaling aan Bloemwater, maar het nog geen terugvoer ontvang nie. AfriForum sal voortgaan om die gemeenskap te ondersteun en aanhou om druk op munisipaliteite, wat hul plig versuim, uit te oefen,” sê Christo Groenewald, AfriForum se distrikskoördineerder vir Bloemfontein.
Raak vandag nog by AfriForum in Bloemfontein betrokke: SMS “AfriForum” na 45266 (R1).