Header Artwork
AfriForum se Witrivier-buurtwag verwyder reuseboomtak wat verkeer versper

Die AfriForum-buurtwag in Witrivier het op 19 Augustus ’n reuseboomtak opgesny en dit uit dié dorp se hoofstraat verwyder.

Buurtwaglede het die boomtak in Chief Mgiyeni Khumalo-rylaan opgemerk. Dit blyk asof ’n vragmotor die tak getref en afgebreek het. Daar moes vermoedelik ook aansienlike skade aan die vragmotor gewees het omdat ’n groot kol diesel op die pad uitgelek het.

Die boomtak het een van die twee bane versper en gevolglik ’n gevaar vir motoriste ingehou. Lede van die buurtwag het onmiddellik ingespring en met twee kettingsae die boomtak kleiner gesny en uit die straat verwyder.

“Hierdie is net een voorbeeld hoe AfriForum se vrywilligers hul gemeenskappe bystaan. Ons vrywilligers verseker ’n veiliger omgewing vir almal,” sê Johan “Joe” Pelser, voorsitter van AfriForum se Witrivier-buurtwag.

Maak vandag nog ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap en word deel van AfriForum se Witrivier-buurtwag: SMS “Witrivier” na 45350 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN