Header Artwork
AfriForum se Lydenburg-buurtwag bied opleiding aan

Die AfriForum-buurtwag in Lydenburg het twee opleidingskursusse vir AfriForum-lede in dié dorp aangebied.

Protospanopleiding is op 1 Augustus 2020 aangebied om te verseker dat lede bevoeg is en binne die raamwerk van die wet optree. Protospanlede word gereeld aan verskeie situasies blootgestel wat hierdie opleiding noodsaaklik maak.

Basiese opleiding in selfverdediging is op 8 Augustus 2020 aangebied vir lede in Lydenburg wat hoofsaaklik uit vroue bestaan het. Hierdie opleiding help vroue om meer paraat op te tree en verhoed dat hulle deel word van die misdaadsyfers in Suid-Afrika.

“’n Vlaag misdaad teister Suid-Afrika en daarom wil ons met hierdie opleiding ons lede voorberei en help om te verhoed dat hulle misdaadslagoffers word,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid vir die noordstreek.

Sluit vandag nog by AfriForum se Lydenburg-tak aan en word deel van die oplossing: SMS “Lydenburg” na 45350 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN