Header Artwork
AfriForum-buurtwagte neem deel aan misdaadbekampingsinisiatief

AfriForum se buurt- en plaaswagte in Mpumalanga het op 14 Augustus 2020 aan ’n nasionale witligpatrollie-aand deelgeneem.

Hierdie inisiatief is deur verskeie organisasies en individue ondersteun en het ten doel om hoër sigbaarheid te handhaaf en misdaad te voorkom. Hierdie patrollies het regdeur die nag plaasgevind.

Buurt- en plaaswagte in dorpe in Mpumalanga wat insluit Argent, Delmas, Dullstroom, Machadodorp, Middelburg, Nelspruit, Secunda, Standerton en Witrivier het aan die patrollie deelgeneem.

“Ons is dankbaar dat ons saam met ander organisasies kan opstaan teen die vlaag misdaad in die provinsie,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld.

AfriForum-buurt- en plaaswagte neem gereeld aan patrollies deel en ontvang ook deurlopend opleiding sodat lede bevoeg en volgens die wet kan optree. Indien jy by ’n AfriForum-buurtwag in jou omgewing wil aansluit, SMS jou naam na 45353 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN