AfriForum het onlangs verskeie dorpe in die Noord-Kaap se water getoets om die gehalte van dorpe in dié provinsie se drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal.
AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater en rioolaanlegte. Dié projek fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater en behandelde rioolwater gelewer word.
“Ons kon vasstel dat die dorpe se drinkwater aan die minimum standaarde voldoen en geen skadelike bakterieë bevat nie. AfriForum sal die watergehalte egter deurlopend toets. Inwoners het ’n grondwetlike reg tot skoon drinkwater,” sê Lize-Mari Smit, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Karoo.
Bloudruppelresultate
Dié resultate dui daarop dat al die dorpe van die Noord-Kaap se drinkwater wat getoets is, skoon is.
Plek | Munisipaliteit | 2014 | 2015 | 2016 | 2017 | 2018 | 2019 |
Buffelsrivier | Nama Khoi PM | – | – | Skoon | – | – | – |
Douglas | Siyancuma PM | – | – | – | – | Skoon | Skoon |
Hopetown | Thembelihle PM | – | – | – | – | Skoon | Skoon |
Kakemas | Ka Garib PM | – | – | – | – | Skoon | Skoon |
Kathu | Gamagara PM | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Kamiesberg | Kamieskroon PM | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon | – | – |
Keimoes | Ka Garib PM | – | – | – | – | Skoon | Skoon |
Kimberley | Sol Plaatje PM | Skoon | Skoon | Skoon | – | Skoon | Skoon |
Kuruman | Ga-Segonyana PM | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Nababeep | Nama Khoi PM | – | – | Skoon | – | – | – |
Orania | Orania Dorpsraad | – | – | – | Skoon | – | Skoon |
Postmasburg | Tsantsabane PM | – | – | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Springbok | Nama Khoi PM | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Upington | Khara Hais PM | – | – | – | Skoon | Skoon | Skoon |
Vaalharts | Phokwane PM | Skoon | Skoon | Skoon | – | Skoon | Skoon |
Warrenton | Magareng PM | – | – | – | – | Skoon | Skoon |
Williston | Karoo Hoogland PM | – | – | – | – | Skoon | – |
Groendruppelresultate
Volgens AfriForum se groendruppelresultate voldoen twee van die rioolsuiweringsaanlegte wat getoets is nie aan die gestelde mikrobiologiese standaarde nie.
Plek | Munisipaliteit | 2014 | 2015 | 2016 | 2017 | 2018 | 2019 |
Daniëlskuil | Kgatelopele PM | Skoon | Skoon | – | – | – | – |
Kathu | Gamagara PM | 17 000 | Skoon | – | Skoon | Skoon | Skoon |
Kimberley | Sol Plaatje PM | Verwerp | 1 500 | Skoon | – | – | >1 000 |
Kamiesberg | Kamiesberg PM | – | – | Skoon | – | – | – |
Kuruman | Ga-Segonyana PM | Verwerp | Skoon | – | Skoon | >1 000 | Skoon |
Nababeep | Nama Khoi PM | – | – | Skoon | – | – | – |
Postmasburg | Tsantsabane PM | – | – | – | >10 000 | >1 000 | Skoon |
Springbok | Nama Khoi PM | 1 250 | Skoon | Skoon | >1 500 | >1 000 | <1 000 |
Upington | Khara Hais PM | – | – | – | Skoon | >2 000 | Skoon |
Vaalharts | Phokwane PM | Skoon | Skoon | Skoon | – | >1 000 | Skoon |
Williston | Karoo Hoogland PM | Skoon | Skoon | – | – | Skoon | Skoon |
Die burgerregteorganisasie het sy kommer uitgespreek oor rioolsuiweringsaanlegte binne die munisipaliteite waarvan die rioolwater nie aan die gestelde standaarde voldoen nie, naamlik die Sol Plaatjie Plaaslike Munisipaliteit en die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit. “Ons sal die nienakoming verder ondersoek en optree waar nodig,” sê Smit.
Gee aan AfriForum die mandaat om die gehalte van die Noord-Kaap se water voortdurend te moniteer: SMS “Skoon water” na 32532 (R1) om hierdie aksie te steun.