Header Artwork
AfriForum maak Wes-Kaap se blou-en-groendruppelresultate bekend

AfriForum het onlangs verskeie dorpe in die Wes-Kaap se water getoets om die gehalte van dorpe in dié provinsie se drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal.

AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater en rioolaanlegte. Dié projek fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater en behandelde rioolwater gelewer word.

“Ons kon vasstel dat die drinkwater van al die dorpe in die Wes-Kaap wat ons getoets het aan die minimum standaarde voldoen en geen skadelike bakterieë bevat nie. AfriForum sal die watergehalte egter deurlopend toets. Inwoners het ’n grondwetlike reg tot skoon drinkwater,” sê Deon de Jager, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

Bloudruppelresultate
Dié resultate dui daarop dat al die dorpe in die Wes-Kaap se drinkwater wat getoets is, skoon is.

Wes-Kaap
Tak Munisipaliteit 2017 2018 2019
Bitterfontein Matzikama PM Skoon
Citrusdal Cederberg PM Skoon
Clanwilliam Cederberg PM Skoon
Gansbaai Overstrand PM Skoon Skoon
George George PM Skoon Skoon Skoon
Hermanus (Sandbaai) Overstrand PM Skoon
Hessekwa (Stilbaai) Hessekwa PM Skoon Skoon Skoon
Kaapstad (Bellville) Kaapstad-metro Skoon Skoon
Klawer Matzikama PM Skoon Skoon
Kleinmond Overstrand PM Skoon Skoon Skoon
Ladismith Kannaland PM Skoon
Lutzville Matzikama PM Skoon Skoon Skoon
Montagu Langeberg PM Skoon Skoon
Mosselbaai Mosselbaai PM Skoon Fosfate >25 dpm4 Skoon
Nuwerus Matzikama PM Skoon
Oudtshoorn Oudtshoorn PM Skoon Skoon Skoon
Pearly Beach Overstrand PM Skoon Skoon
Robertson Langeberg PM Skoon Skoon
Stellenbosch Stellenbosch PM Skoon Skoon Skoon
Vanrhynsdorp Matzikama PM Skoon Skoon
Vredendal Matzikama PM Skoon Skoon Skoon
Vredendal-Suid Matzikama PM Skoon Skoon Skoon
Velddrif Bergrivier PM Skoon Skoon
Wellington Drakenstein PM Skoon Skoon Skoon
Ander
Stellenbosch-kampus (Maties) Skoon Skoon Skoon

 

Groendruppelresultate
Volgens AfriForum se groendruppelresultate voldoen een rioolsuiweringsaanleg wat getoets is nie aan die gestelde mikrobiologiese standaarde nie.

Wes-Kaap
Tak Munisipaliteit 2017 2018 2019
Bitterfontein Matzikama PM Skoon
Citrusdal Cederberg PM Skoon
Clanwilliam Cederberg PM Skoon
Darling Swartland PM Skoon
Gansbaai Overstrand PM >3 000 Skoon
George George PM Skoon Skoon Skoon
Hawston Overstrand PM Skoon
Hermanus (Sandbaai) Overstrand PM Skoon
Kaapstad
Kraaifontein(Scottsdene)
Kaapstad-metro Skoon >1 000 >1 000
Kaapstad (Kewtown) Kaapstad-metro 50 000 Skoon
Klawer Matzikama PM >1 500 Skoon Skoon
Kleinmond Overstrand PM Skoon Skoon
Ladismith Kannaland PM Skoon
Lutzville Matzikama PM >2 000 Skoon
Montagu Langeberg PM Skoon
Mosselbaai Mosselbaai PM >2 400 Skoon Skoon
Nuwerus Matzikama PM Skoon
Oudtshoorn Oudtshoorn PM Skoon Skoon Skoon
Robertson Langeberg PM Skoon Skoon
Stellenbosch Stellenbosch PM Skoon Skoon
Stilbaai Hessekwa PM Skoon
Vanrhynsdorp Matzikama PM >1 500 Skoon
Velddrif Bergrivier PM Skoon
Vredendal Matzikama PM Skoon Skoon Skoon
Vredendal-Suid Matzikama PM >1 500 Skoon Skoon
Wellington Drakenstein PM Skoon Skoon

 

Die burgerregteorganisasie het sy kommer uitgespreek oor rioolsuiweringsaanlegte binne die Kaapstad-metro waarvan die rioolwater nie aan die gestelde standaarde voldoen nie.

“Ons sal die nienakoming verder ondersoek en optree waar nodig,” sê Arno Greyling, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Suid-Kaap.

Gee aan AfriForum die mandaat om die gehalte van die Wes-Kaap se water voortdurend te moniteer: SMS “Skoon water” na 45265 (R1) om hierdie aksie te steun.

Lees die volledige verslag hier.

 

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN