Header Artwork
AfriForum maak Gauteng-Suid se blou-en-groendruppelstatus bekend

AfriForum het onlangs verskeie dorpe in Gauteng-Suid se water getoets om die gehalte van dorpe in dié streek se drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal.

AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die gehalte van dorpe se drinkwater en rioolaanlegte. Dié projek fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater en behandelde rioolwater gelewer word.

“Ons kon vasstel dat elke dorp se drinkwater voldoen aan die minimum standaarde en geen skadelike bakterieë bevat nie. AfriForum se plaaslike takstrukture gaan egter die watergehalte  deurlopend toets om die grondwetlike regte van dié dorp se inwoners te verseker,” sê Marié Naudé, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Rand.

Bloudruppelresultate
Die resultate dui aan dat die groter meerderheid van Gauteng-Suid se drinkwater op standaard en veilig vir menslike gebruik is.

Gauteng-Suid
Tak Munisipaliteit Provinsie Blou-druppel AfriForum 2014 Blou-druppel AfriForum 2015 Blou- druppel AfriForum 2016 Blou-druppel AfriForum 2017 Blou-druppel AfriForum 2018 Blou-druppel AfriForum 2019
Alberton Ekurhuleni Metro Gauteng Skoon Skoon Skoon Skoon
Bedfordview Ekurhuleni Metro Gauteng Skoon Skoon Skoon
Benoni Ekurhuleni Metro Gauteng Skoon Skoon Skoon Skoon
Boksburg Ekurhuleni Metro Gauteng Skoon Skoon Skoon
Brakpan Ekurhuleni Metro Gauteng Skoon Skoon
Edenvale Ekurhuleni Metro Gauteng Skoon Fosfate
> 25
Skoon
Elsburg Ekurhuleni Metro Gauteng Skoon Skoon Skoon
Florida Johannesburg Metro Gauteng Skoon
Fochville Merafong City PM Gauteng Skoon
Germiston Ekurhuleni Metro Gauteng Skoon Skoon
Heidelberg Lesedi PM Gauteng Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon
Kempton Park Ekurhuleni Metro Gauteng Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon
Krugersdorp Mogale City PM Gauteng Skoon Skoon
Lochvaal Emfuleni PM Gauteng Skoon Skoon Skoon Skoon
Magaliesburg Mogale City PM Gauteng Skoon Skoon Skoon Skoon
Midvaal Midvaal PM Gauteng Skoon Skoon Skoon
Nigel Ekurhuleni Metro Gauteng Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon
Primrose Ekurhuleni Metro Gauteng Skoon Skoon
Randburg Johannesburg Metro Gauteng Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon
Randfontein Randfontein PM Gauteng Skoon Skoon Skoon
Roodepoort Johannesburg Metro Gauteng Skoon Skoon
Springs Ekurhuleni Metro Gauteng Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon
Tedstoneville Ekurhuleni Metro Gauteng Skoon Skoon
Vanderbijlpark Emfuleni PM Gauteng Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon
Vanderbijlpark-Suid Emfuleni PM Gauteng Skoon Skoon Skoon Skoon
Vanderbijlpark-Wes Emfuleni PM Gauteng Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon
Vereeniging Emfuleni PM Gauteng Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon
Westonaria Mogale City PM Gauteng Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon

Groendruppel
AfriForum het die groendruppelwatergehalte ook getoets. Daar is bevind dat sewe van die dorpe se rioolwater nie aan die gestelde mikrobiologiese standaarde voldoen nie.

Gauteng-Suid
Tak Munisipaliteit Provinsie Groen-druppel AfriForum 2014 Groen-druppel AfriForum 2015 Groen- druppel AfriForum 2016 Groen- druppel AfriForum 2017 Groen- druppel AfriForum 2018 Groen- druppel AfriForum 2019
Alberton Ekurhuleni Metro Gauteng 3 900 Skoon Skoon Skoon
Benoni Ekurhuleni Metro Gauteng Skoon Skoon
Brakpan Ekurhuleni Metro Gauteng Skoon Skoon
Edenvale Ekurhuleni Metro Gauteng >1 000

Fosfaat-telling >50

>10 000
Elsburg Ekurhuleni Metro Gauteng Skoon Skoon
Germiston Ekurhuleni Metro Gauteng Skoon Skoon
Heidelberg Lesedi PM Gauteng Skoon Skoon n.v.t. >3 000 Skoon >1000
Kempton Park Ekurhuleni Metro Gauteng Skoon Skoon n.v.t. n.v.t. >1 000 Skoon
Midvaal Midvaal PM Gauteng >15 000
Nigel Ekurhuleni Metro Gauteng Skoon Skoon Hoë konsentra-sie fekale kolivorme >3 000  

>3 000

Primrose Ekurhuleni Metro Gauteng Skoon Skoon
Randfontein Randfontein PM Gauteng >4 000 >3 000
Springs Ekurhuleni Metro Gauteng Skoon Skoon 2 000 >2 000 >2 000 >5 000
Vanderbijlpark

(Leeukuil)

Emfuleni PM Gauteng Skoon Skoon Skoon >1 000 >100 000 >10 000
Vanderbijlpark

(Rietspruit)

>100 000 >50 000
Vanderbijlpark

(Sebokeng)

>100 000 >50 000
Vereeniging Emfuleni PM Gauteng Skoon Skoon Skoon Skoon >1 000
Westonaria Mogale City PM Gauteng Skoon 2 500 Skoon Skoon

Die burgerregteorganisasie het sy kommer uitgespreek oor die rioolwater in die betrokke dorpe wat nie aan die gestelde standaarde voldoen nie, uitgespreek. Hierdie dorpe sluit Edenvale, Midvaal, Springs en Vanderbijlpark in.

“Ons sal die aangeleentheid ondersoek en optree indien nodig,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand af.

Ons versoek inwoners van Gauteng-Suid om aan AfriForum die mandaat te gee om voortdurend die gehalte van water te moniteer. SMS “Skoonwater” na 45342 (R1) en voeg jou steun tot hierdie aksie.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN