Header Artwork


AfriForum het vanjaar 127 vullisterreine in al nege provinsies geoudit as deel van hul nasionale projek om die gehalte van vullisterreine in Suid-Afrika te meet.

Slegs 4 uit 12 vullisterreine wat in Limpopo geoudit is, het aan nasionale standaarde voldoen. Kragtens toepaslike wetgewing en regulasies, waaronder die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Vullis, 2008 (wetno. 59 van 2008), moet ’n vullisterrein aan bepaalde vereistes voldoen.
Só vergelyk die beste vullisterreine met die slegste:

Beste Persentasie Slegste Persentasie
Groblersdal 98% Ellisras 16%
Marble Hall 84% Hoedspruit 20%
Louis Trichard 84% Naboomspruit (Mookgophong PM) 34%
Tzaneen 100% Naboomspruit (Western Breeze) 20%
    Nylstroom 0%
    Phalaborwa 36%
    Leeupoort 4%
    Warmbad 40%

Die oudit bestaan uit ’n lys van 33 vrae wat die minimum vereistes vir vullisterreine in Suid-Afrika meet en sluit faktore soos toegangsbeheer, brande, mediese afval, omheining en rehabilitasie in. ’n Vullisterrein moet minstens 80% behaal om aan wetgewing te voldoen.

Volgens David Rule, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Soutpansberg, is die meeste vullisterreine in Limpopo in ’n haglike toestand. “Die meeste vullisterreine is in ’n slegte toestand en dit kan hoofsaaklik toegeskryf word aan die totale verval van munisipaliteite in dié provinsie. Wanbesteding en wanadministrasie is groot kwelpunte in die provinsie. Finansies word ondoeltreffend aangewend en die nodige masjinerie is weens onvoldoende instandhouding in verval.”

Rule sê voorts dat die afwesigheid van afvalbestuurslisensies en mediese afval wat onwettig op die terrein gestort word van die grootste probleme was wat AfriForum tydens dié oudit opgemerk het.
AfriForum-takke sal ook druk op owerhede in hul gebiede plaas om afvalmoniteringskomitees te stig om die afvalbestuursproses te verbeter. Dié komitees sal bestaan uit munisipaliteite en belanghebbende partye wat vullisbestuur in die betrokke dorp wil verbeter.
Die ouditverslag sal ook aan die Groen Skerpioene oorhandig word vir verdere ondersoek en optrede teen skuldige munisipaliteite. AfriForum sal die proses deurlopend moniteer om te verseker dat vullisterreine op peil gebring word.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN