Header Artwork

Die burgerregte-organisasie AfriForum was vanjaar vir die tweede keer deel van die Monumentale Cantus-koorfees wat op 12 Augustus by die Voortrekkermonument gehou is.

Dié inisiatief is moontlik gemaak deur Vashti Trichard en Vaughan van Zyl, albei gesoute koorleiers en-afrigters, ten bate van die behoud en voortbestaan van dié monument, wat ʼn belangrike deel van Afrikaners se erfenis uitmaak.

Die koorfees sluit ook aan by die herdenking van Afrikaans as lees- en skryftaal, met die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) op 14 Augustus 1876.

Die fondse wat tydens die koorfees ingewin word, sal vir instandhoudings- en bewaringsdoeleindes by die monument aangewend word. Verlede jaar is sowat R40,000 ingesamel.

Kore van die Hoërskool Linden, Hoërskool Monument, Hoërskool Overkruin, Helpmekaar Kollege, Laerskool Wierdapark en Hoër Volkskool Heidelberg.

 

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN