Die burgerregte-organisasie AfriForum se takbestuur en jeug in Kempton Park het op Menseregtedag, 21 Maart 2019, slaggate in dié stad gevul.
Die tak het besluit om standpunt in te neem en die reg op veilige paaie vir gemeenskapslede ook as ’n belangrike reg te ag. Slaggate is onder meer in Birchleigh, Van Riebeeckpark, Pomona en Nimrodpark gevul. Die tak het ongeveer nege slaggate met 200 liter teer gevul.
“Dit is verblydend om te sien hoe die jeug ook inspring om op ’n openbare vakansiedag hul vrye tyd prys te gee om in die gemeenskap terug te ploeg. Ons as gemeenskap moet proaktief aan hierdie en soortgelyke aksies deelneem. Ons versoek die gemeenskap dus om ons te ondersteun deur self by die tak en sy aktiwiteite betrokke te raak,” sê Jan Vermaak, voorsitter van AfriForum se Kempton Park-tak.
Raak betrokke: SMS “Kempton Park” na 45342 (R1) of e-pos afriforum.kemp@gmail.com.