Header Artwork


Die burgerregte-organisasie AfriForum se Kimberley-tak het ’n skrywe aan Ruth Sebolecwe, die waarnemende munisipale bestuurder van die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit, gerig vir ’n vergadering op 28 Januarie 2019 om 14:00 by die munisipaliteit se kantore. Sebolecwe het in antwoord hierop op 15 Januarie 2019 bevestig dat sy en ander werknemers van dié munisipaliteit daarna uitsien om met AfriForum te vergader.
Die doel van dié vergadering is om probleme wat die gemeenskap ervaar te bespreek en ook om projekte wat die tak beplan onder die munisipaliteit se aandag te bring en saam te kyk na maniere hoe die munisipaliteit en AfriForum kan saamwerk.

“As die gemeenskap klagtes het wat hulle graag onder ons aandag wil bring om op die vergadering te bespreek, kan hulle my gerus kontak. Saam kan ons die gemeenskap verbeter en weer hoop skep,” sê Lize-Mari Smit, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Karoo.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN