Header Artwork


Die AfriForum-tak in Standerton het vier bome by Laerskool Kallie de Haas as deel van dié burgerregte-organisasie se boomplantmaand geplant.
Volgens Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mpumalanga-Wes, beoog die organisasie om vanjaar landwyd meer as 2 000 bome te plant.

“Deur inheemse bome te plant, is ons nie bloot besig om die omgewing te bewaar en ’n mooier plek te maak om te bly nie, maar wys ons ook dat ons hoop vir die toekoms het. Bome is veel meer as bloot ’n belangrike deel van die ekostelsel of ’n natuurlike hulpbron waarsonder niemand sal kan oorleef nie – dit is ook deel van ons erfenis,” sê Pretorius.

AfriForum fokus jaarliks op sowel ʼn boomspesie wat algemeen voorkom as ’n skaars boomspesie. Die algemene boom vir 2018 is die opregte geelhout (Podocarpus latifolius), terwyl die skaars boom die grootwitgat (Boscia albitrunca) is. AfriForum moedig dorpe aan om inheemse bome te plant wat in hul omgewings aard.

“Boomplantmaand bied die perfekte geleentheid om ’n blywende verskil in ons gemeenskappe te maak. Bome het egter deurlopende sorg nodig om tot voordeel van almal te floreer en die AfriForum-tak in Standerton onderneem om hierdie sorg te verskaf. Dit is simbolies daarvan dat ons hier is om te bly en hoop vir die toekoms het ,” sê Sakkie Boshoff, Laerskool Kallie de Haas se skoolhoof.

Die tak moedig die gemeenskap aan om by dié veldtog betrokke te raak en deel te word van ʼn beter en groener toekoms.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN