Die AfriForum-tak in Lichtenburg het die afgelope twee weke slaggate oor ’n oppervlak van meer as 2 500 m2 teen ’n koste van sowat R100 000 laat herstel.
“AfriForum word deur gemeenskappe genader om in te gryp waar munisipaliteite versuim om hul diensleweringspligte na te kom. Die herstel van slaggate en die instandhouding van paaie is vir AfriForum ’n prioriteit en ons sal voortgaan om soortgelyke projekte aan te pak,” sê Tiaan Oosthuizen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Noordwes.
Volgens Nico Bezuidenhout, ondervoorsitter van die Lichtenburg-tak, is slaggate op die volgende plekke herstel:
h.v. 14de- en Bassonstraat;
h.v. 14de Straat en Sesdelaan;
by die fontein in 14de Straat;
h.v. Derdelaan en Vyfdestraat;
h.v. Vierdelaan en Vyfdestraat;
h.v. Sewendelaan en Vyfdestraat;
h.v. 10de Laan en Vyfdestraat en
h.v. 11de Laan en Vyfdestraat.
AfriForum doen ’n beroep op inwoners om slaggate in hul omgewing by die organisasie aan te meld by tiaano@antiek.afriforum.co.za. Raak vandag betrokke deur “Slaggat” na 45351 te SMS (R1).