Header Artwork

 

Die AfriForum-tak in Secunda het ’n aanmaning aan die Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit gestuur oor die haglike toestand van die begraafplaas. In die aanmaning versoek die burgerregtewaghond dat die munisipaliteit ’n volhoubare aksieplan vir die instandhouding van die begraafplaas opstel.
Dít volg nadat AfriForum op 12 Augustus 2017 die begraafplaas geëvalueer en bevind het dat dit in ’n haglike toestand is. Die plaaslike AfriForum-tak in Secunda het na afloop hiervan ’n skoonmaakaksie van stapel gestuur.

“Dit is die munisipaliteit se plig om begraafplase in stand te hou en AfriForum hoop om hul samewerking in dié verband te kry. Dit is in die gemeenskap se belang dat begraafplase onderhou word en veilig is om te besoek,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN