AfriForum het in Mei 2017 die gehalte van drink- (bloudruppel) en rioolwater (groendruppel) in 12 gebiede in die groter Pretoria-omgewing getoets.
Die monitering van drinkwater in gemeenskappe vorm deel van die burgerregte-organisasie se #skoonwater-inisiatief. “Ons wil deurlopend verseker dat Suid-Afrikaners se grondwetlike reg op toegang tot skoon, lopende water beskerm word,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se streekskoördineerder vir Gauteng-Noord.
Bloudruppel
Die resultate het aangedui dat die hele Tshwane Metro se drinkwater op standaard en toepaslik vir menslike gebruik is.
Gauteng-Noord | |||||||
Tak | Munisipaliteit | Provinsie | Blou-druppel AfriForum 2013 | Blou-druppel AfriForum 2014 | Blou-druppel AfriForum 2015 | Blou-druppel AfriForum 2016 | Blou-druppel AfriForum 2017 |
Apiesrivier | Tshwane Metro | Gauteng | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Bronkhorst-spruit | Tshwane Metro | Gauteng | – | – | – | – | Skoon |
Centurion | Tshwane Metro | Gauteng | – | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Cullinan | Tshwane Metro | Gauteng | – | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Kameeldrift | Tshwane Metro | Gauteng | – | – | – | – | Skoon |
Meyerspark | Tshwane Metro | Gauteng | – | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Moot | Tshwane Metro | Gauteng | – | – | – | Skoon | Skoon |
Pretoria-Oos | Tshwane Metro | Gauteng | – | – | – | Skoon | Skoon |
Pretoria-Wes | Tshwane Metro | Gauteng | – | – | – | Hoë konsentra-sie fenol en chroom | Skoon |
Rayton | Tshwane Metro | Gauteng | – | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Wes-Moot | Tshwane Metro | Gauteng | – | – | – | Skoon | Skoon |
Zambesi | Tshwane Metro | Gauteng | – | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Ander: | |||||||
Tuks | Universiteit van Pretoria | Gauteng | – | – | – | Skoon | Skoon |
Groendruppel
AfriForum het die groendruppelwatergehalte in 11 gebiede in die groter Pretoria-omgewing getoets. Daar is bevind dat slegs twee van die gebiede se rioolwater aan die gestelde mikrobiologiese standaarde voldoen.
Nege gebiede het egter nie aan die gestelde regulasies voldoen nie:
- Apiesrivier stel meer as 15 000 eenhede E. coli per 100 ml water in natuurlike waterbronne vry.
- Bronkhorstspruit stel meer as 2 000 eenhede E. coli per 100 ml water in natuurlike waterbronne vry.
- Centurion stel meer as 5 500 eenhede E. coli per 100 ml water in natuurlike waterbronne vry.
- Cullinan stel meer as 2 400 eenhede E. coli per 100 ml water in natuurlike waterbronne vry.
- Die Moot stel meer as 14 000 eenhede E. coli per 100 ml water in natuurlike waterbronne vry.
- Pretoria-Wes stel meer as 15 000 eenhede E. coli per 100 ml water in natuurlike waterbronne vry.
- Rayton stel meer as 2 400 eenhede E. coli per 100 ml water in natuurlike waterbronne vry.
- Wes-Moot stel meer as 7 000 eenhede E. coli per 100 ml water in natuurlike waterbronne vry.
- Zambesi stel meer as 8 000 eenhede E. coli per 100 ml water in natuurlike waterbronne vry.
Volgens De Klerk sal AfriForum die nodige stappe neem om toepaslike remediërende prosesse in werking te stel in sowel gebiede wat nie aan die gestelde standaarde voldoen nie as gebiede waar die waterbestuursgehalte nie in die afgelope drie jaar verbeter het nie.
Gauteng-Noord | |||||||
Tak | Munisipaliteit | Provinsie | Groen-druppel AfriForum 2013 |
Groen-druppel AfriForum 2014 | Groen-druppel AfriForum 2015 | Groen- druppel AfriForum 2016 | Groen- druppel AfriForum 2017 |
Apiesrivier | Tshwane Metro | Gauteng | 77 000 | 85 000 | Skoon | 2 000 | 15 000 |
Bronkhorstspruit | Tshwane Metro | Gauteng | – | – | – | – |
2 000 |
Centurion | Tshwane Metro | Gauteng | Skoon | Skoon | 10 000 | 100 000 | 5 500 |
Cullinan | Tshwane Metro | Gauteng | – | Skoon | Skoon | Skoon | 2 400 |
Meyerspark | Tshwane Metro | Gauteng | – | 2 400 | 11 000 | 10 000 | Skoon |
Moot | Tshwane Metro | Gauteng | – | – | – | Skoon | 14 000 |
Pretoria-Oos | Tshwane Metro | Gauteng | – | – | – | Hoë konsentra-sie fekale kolivorme | Skoon |
Pretoria-Wes | Tshwane Metro | Gauteng | – | – | – | 12 000 | 15 000 |
Rayton | Tshwane Metro | Gauteng | – | – | Skoon | Skoon | 2 400 |
Wes-Moot | Tshwane Metro | Gauteng | – | – | – | – | 7 000 |
Zambesi | Tshwane Metro | Gauteng | – | – | – | 2 000 | 8 000 |
“Dit is belangrik dat blou-en-groendruppelwatergehalte deurlopend getoets word. Ons moet hierdie lewensnoodsaaklike bron beskerm en seker maak dat die Bloemhof-gebeure van 2014 nie herhaal word nie,” voeg De Klerk by.
Hy noem ook dat AfriForum reeds vanjaar skoon drinkwater aan 2,9 miljoen inwoners van Tshwane verseker het.
SMS “Pretoria” na 45341 (R1) om betrokke te raak by AfriForum se inisiatief vir die volhoubare voorsiening van skoon water en die beskerming van ons waterbronne.