Header Artwork


Die burgerregte-organisasie AfriForum het onlangs ’n buurtwag in Coligny op die been gebring om misdaad in dié dorp te bekamp.

“Die buurtwag het ten doel om saam met die SAPD en plaaslike veiligheidsinstansies te werk om misdaad te bekamp en die gemeenskap in tye van nood by te staan,” sê Cobus van Tonder, AfriForum se buurtwagvoorsitter vir die groter Coligny-omgewing.
“Ek glo dat die stigting van ’n AfriForum-buurtwag ’n keerpunt in die geveg teen misdaad in Coligny is. AfriForum-buurtwagte het ’n reputasie van goeie dissipline en die veiligheid van Coligny se gemeenskap is daarom in goeie hande,” sê Tiaan Oosthuizen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Noordwes.

Die nuutverkose buurtwagbestuur bestaan uit Cobus van Tonder (voorsitter) en Gwendalin van der Westhuizen (sekretaris), asook Andries Cloete, Jan Jordaan, Henk Myburg en Gerhard Liebenberg wat as sektorleiers optree.
Raak betrokke deur ’n SMS met “Buurtwag” na 45351 (R1) te stuur.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN