Header Artwork

AfriForum Jeug veroordeel die uitbeeldings van Nazi-plakkate wat op 9 Mei 2017 op Universiteit Stellenbosch (US) se Stellenbosch-kampus aangebring is ten sterkste.

Die grafika op die plakkate is gebaseer op ou Nazi-propaganda. Hoewel die teks self geen haatspraak bevat nie, is die agtergrond van die uitbeeldings onvanpas en herinner aan die miljoene mense wat hulle lewens tydens Nazi-bewind in Duitsland verloor het. Die uitbeelding het dus ʼn ondertoon van antisemitisme en rassisme.

“Omdat die motief nog onbekend is, kan daar net gespekuleer word oor wie vir die plakkate verantwoordelik is, maar die aanbring van enige ideologiese Nazi-nostalgie word sterk deur AfriForum Jeug veroordeel. Ons is van mening dat die aangeleentheid ondersoek moet word,” sê Bernard Pieters, AfriForum Jeug se koördineerder vir Maties en die Oos- en Wes-Kaap.

AfriForum Jeug veroordeel alle vorme van rassisme en diskriminasie, ongeag die ras of geslag wat hulself daaraan skuldig maak. Hoewel AfriForum Jeug die aanbring van die plakkate sterk veroordeel, veroordeel ons ook die oënskynlike dubbele standaarde wat steeds op ons universiteitskampusse en in die media heers en wat dringend aangespreek moet word.
Die feit dat die US en die media so vinnig hierop reageer, maar uitlatings soos “one settler, one bullet” destyds nie op soortgelyke wyse op kampus hanteer is nie, wys op dié dubbele standaarde wat gehandhaaf word. Ander uitlatings soos dié van “kill the farmer, kill the boer” geniet ook nie soortgelyke mediadekking nie.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN