Header Artwork


AfriForum se Overstrand-tak het op 18 Februarie 2017 ’n buurtwag in Gansbaai gestig.

“Die Overstrand-area loop die afgelope paar maande gereeld deur as gevolg van voorvalle van georganiseerde misdaad, vermoedelik te wyte aan die dwelm- en perlemoensindikate wat die misdaadtoneel hier oorgeneem het,” sê Thomas van Dalen, AfriForum se provinsiale koördineerder vir die Wes-Kaap.

Die buurtwagstigting is deur 180 gemeenskapslede bygewoon. “Die groot aantal mense wat die stigting bygewoon het, dui daarop dat die gemeenskap keelvol is vir die toenemende vlakke van misdaad in ons gebied,” voeg Elmarie van Dalen, voorsitter van AfriForum se Overstrand-tak, by.

“Ons doelwit met die stigting van dié buurtwag is om ’n verlengstuk, asook die oë en ore, van die SAPD te wees,” sluit Mark Collings, die organiseerder van die buurtwagstigting, af.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN