Sowel AfriForum se privaatvervolgingseenheid as die familie van die voormalige Bafana-Bafana-kaptein Senzo Meyiwa het vandag hul misnoeë uitgespreek oor die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se versuim om te gelas dat die meesterbrein in die moord op Senzo in hegtenis geneem en voor die hof gebring word. Dié saak is na die Palm Ridge Hooggeregshof in Johannesburg oorgeplaas en sal op 19 Julie 2021 voortgaan met voorverhoorverrigtinge. Die verhoor sal op 25 Oktober 2021 begin. AfriForum se privaatvervolgingseenheid verteenwoordig die Meyiwa-familie in die saak.