Header Artwork

Veiligheid

Veiligheid is een van die mens se basiese behoeftes, maar ongelukkig nie iets wat vanself kom nie. AfriForum help jou om veiligheid in en om jou huis, woonbuurt en gemeenskap te vestig deur middel van verskeie projekte, produkte en dienste.

Projek Nehemia

Projek Nehemia poog om die veiligheid, vrede, voorspoed en selfbehoud van weerlose mense en minderheidsgroepe in Suid-Afrika te verseker deur daadwerklik tot die doeltreffende bekamping van geweldsmisdaad by te dra. Die projek integreer verskillende gemeenskappe en veiligheidstrukture om geweldsmisdaad saam te bekamp en gesamentlik meer druk op die regering te plaas om teen misdaad op te tree.

Projek Nehemia skep hoop en vertroue in geloof.

Dit is duidelik dat die regering en ander staatsorgane soos die SAPD nie mense voldoende teen misdaad kan beskerm nie – die Coligny-tragedie van 2017 is ’n goeie voorbeeld. Om hierdie rede het gen.maj. Roland de Vries in Oktober 2016 met AfriForum saamgespan om ’n gemeenskapstrategie in die stryd teen geweldsmisdaad te ontwikkel. Daar is besluit om dié strategie Projek Nehemia te noem, aangesien Nehemia die mure van Jerusalem moes herbou het om hoop en vertroue te skep. Dit is wat nou beoog word met die stryd teen geweldsmisdaad.

Die swaartepunt van die projek is die gemeenskap self, en AfriForum verrig die koördineringsfunksie tussen die verskillende gemeenskappe en strukture.

Projek Nehemia het die volgende vier doelstellings:

Doelstelling 1: Om ’n geïntegreerde operasionele vermoë daar te stel wat doeltreffend tot die bekamping van geweldsmisdaad in Suid-Afrika sal bydra.

Doelstelling 2: Om ’n nasionale gemeenskapsveiligheidstelsel (NGVS) in ooreenstemming met gemeenskapspolisiëringswetgewing daar te stel, wat die doeltreffende bekamping van geweldsmisdaad strategies sal rig en ondersteun.

Doelstelling 3: Om nasionale bewustheid teen geweldsmisdaad te skep en te verseker deur 1) groter positiewe, aktiewe gemeenskapsbetrokkenheid te verkry; en 2) die regering en staatsdepartemente soos die SAPD se daadwerklike toetrede tot die stryd teen misdaad, armoede en werkloosheid te bewerkstellig.

Doelstelling 4: Om nasionale en internasionale steun te werf vir die meer doeltreffende bekamping van geweldsmisdaad in Suid-Afrika deur privaat instansies en om die regering tot beter landsbestuur en die bekamping van geweldsmisdaad aan te spoor.

Mediaverklarings

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN