Header Artwork

Veiligheid

Veiligheid is een van die mens se basiese behoeftes, maar ongelukkig nie iets wat vanself kom nie. AfriForum help jou om veiligheid in en om jou huis, woonbuurt en gemeenskap te vestig deur middel van verskeie projekte, produkte en dienste.

Ctrack

AfriForum se ooreenkoms met Ctrack bied jou korting op voertuigopsporingstelsels. Dit is egter nie die enigste rede waarom Ctrack jou eerste keuse behoort te wees nie: Ctrack skenk ook ’n gedeelte van jou maandelikse betaling aan AfriForum om beheerkamers te help oprig en buurtwagte in staat te stel om meer doeltreffend te funksioneer.

Ctrack se produkte is professioneel ontwerp en word geïnstalleer om jou voertuig jou gesin en/of sake-onderneming se veiligheid te verseker sodat jy meer gemoedsrus kan hê. Dit is ’n trots Suid-Afrikaanse maatskappy wat slegs van gehalte-onderdele gebruik maak, asook die nuutste satelliet- en sellulêrenaspoortegnologie. Ctrack het selfs ’n inbelsentrum wat jy in ’n noodgeval kan bel. Vir jou gerief is jou voertuig altyd op jou slimfoon, tablet of rekenaar opspoorbaar.

Vir selfs beter veiligheid bied Ctrack ’n reeks waardetoevoegende dienste, insluitend hulp in noodgevalle, padbystand, mediese hulp en regsadvies.

Kontak Ctrack by 012 450 2295 of e-pos afriforum@ctrack.co.za.

https://www.ctrack.com/

 

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN