OPSOMMING VAN COVID-19-REGULASIES VIR GELOOFSBYEENKOMSTE
Voorkoming:
– Vermy onnodige fisiese kontak met mense (handdruk, drukkies ens.).
– Probeer om nie aan jou gesig te vat voordat jy nie jou hande deeglik skoongemaak het met ’n alkoholbasis-handreiniger nie.
– Gebruik ontsmettingslappies vir winkeltrollies ens.
– Was gereeld jou hande met ’n alkoholbasis-handreiniger.
– Vermy direkte kontak met publieke handrelings soos by trappe of roltrappe.
– Moenie goed soos drinkglase, sigarette, kos, elektroniese sigarette en so meer met ander mense deel nie.
Simptome:
Maak seker dat jou simptome ooreenstem met die bevestigde COVID-19-simptome:
- Hoes (droog)
- Seer lyf
- Koors
- Seer bors
- Moeilike asemhaling
- Kortasemheid
Toetsproses:
Indien jy van die bogenoemde simptome het, kan jy die volgende proses volg:
- Kontak jou huisdokter vir ’n verwysingsbrief waarna jy dan by enige Ampath, Lancet of Vermaak & Vennote Laboratorium getoets kan word.
- Kontak die nasionale hulplyn by 0800 029 999 / Whatsapp 0600 123 456.
Die dokter of hulplyn sal vir jou riglyne gee van hoe of waar die toets sal plaasvind
Die koste van die toets beloop vanaf R 990.00
Wat moet jy doen as jy positief getoets word?
- Enige persoon wat positief getoets word sal in kwarantyn geplaas word by een van die aangewese hospitale vir behandeling.
- Die NIOS sal al die mense waarmee jy in nabye kontak was in kennis stel.
- Die persone sal vir 14 dae in selfkwarantyn geplaas word.
- Die NIOS sal dié persone monitor vir enige Covid-19 simptome