Header Artwork

Verander jou bankbesonderhede

Daar is drie wyses waarop jy jou bankbesonderhede kan verander:

1. Laai die volledige bankbesonderhede-opdateringsvorm hier af, voltooi en onderteken dit, en stuur dit dan per e-pos na ledesake@antiek.afriforum.co.za, faks dit na 012 664 0342, of pos dit na Posbus 17216, LYTTELTON, 0140;

 

2. Voltooi die vorm hieronder (alle velde wat met * gemerk is, is verpligtend), en ’n konsultant sal jou terugskakel om die nuwe besonderhede te bevestig en jou toestemming te kry; of

3. Jy kan ook 086 10 200 30 skakel of ’n e-pos na ledesake@antiek.afriforum.co.za stuur.

Bankbesonderhede-opdatering

Alle velde wat met ’n * gemerk is, is verpligtend.
  • Persoonlike inligting*
  • Bankbesonderhede-opdatering
    Wysig asseblief my bankbesonderhede soos volg:
  • Die dag waarop die debietorder gevorder moet word*
  • Bedrag*
  • Magtiging aan bank:

    Ek/ons versoek en magtig u of u gemagtigde agent hiermee om die nodige bedrag vir betaling van die maandelikse premie ten opsigte van lidmaatskap teen my/ons rekening by bogenoemde bank (of enige ander bank/tak waarna ek/ons my/ons rekening mag oorplaas) te debiteer. Alle sodanige onttrekkings van my/ons bankrekening sal geag word persoonlik deur my/ons onderteken te wees.

    Ek/ons onderneem om die bankkoste verbonde aan hierdie opdrag te betaal, en magtig u om die waarde daarvan te verhaal ooreenkomstig die heersende tarief van die Suid-Afrikaanse Klaringsbank ten tye van onttrekking.

    Ek/ons verstaan dat:

    1. Die debietorder hiermee gemagtig deur ʼn rekenaar verwerk sal word,
    2. Besonderhede van elke onttrekking op my/ons bankstaat of bygaande bewysstuk getoon sal word, en
    3. Die verpligting om te verseker dat my/ons maandelikse premies wel deur u ontvang word, steeds my/ons verantwoordelikheid bly, nieteenstaande die toekenning aan u van hierdie debietordermagtiging.

    Ek/ons onderneem om van tyd tot tyd my/ons daarvan te vergewis dat die nodige bedrag betaalbaar vir die maandelikse premies ten opsigte van bogenoemde lidmaatskap wel ingevolge hierdie debietordermagtiging deur u onttrek is, en ek/ons teken hiermee aan dat u aanvaarding van hierdie debietordermagtiging geensins enige las op u plaas om te verseker dat die maandelikse debietorders van die bedrag waarna hier verwys word, wel plaasvind nie.

    Hierdie magtiging sal ten volle van krag bly totdat dit deur my/ons gekanselleer word deur skriftelike kennisgewing van 30 dae per aangetekende pos aan u te stuur, maar ek/ons verstaan dat ek/ons nie op enige terugbetaling van enige bedrag wat u onttrek het terwyl hierdie magtiging van krag was, geregtig sal wees nie, tensy ek/ons kan bewys dat enige sodanige bedrae nie wetlik aan u verskuldig was nie. Ontvangs van hierdie opdrag deur u sal geag word ontvangs daarvan deur my/ons bank te wees.

  • Clear Signature
  • Date Format: DD slash MM slash YYYY
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN