Header Artwork

Wys jou ontevredenheid met NGV deur AfriForum se kommentaar aan die parlement te stuur:

Nasionale gesondheidsversekering kommentaar

AfriForum is sterk teen NGV gekant. Die organisasie is van mening dat dit net nóg ’n onrealistiese en sosialistiese staatsprojek is wat die vryheid van die publiek (as gesondheidsorg­verbruikers), asook die vryheid van dokters en ander gesondheidspraktisyns (as die voorsieners van gesondheidsorg) sal inperk en uiteindelik sal vernietig.

AfriForum glo dat die NGV die privaat gesondheidsektor sal vernietig en dat alle dienslewering tot op die vlak van ons huidige openbare gesondheidsektor sal verswak. Indien die staat die NGV implementeer, sal dit uiteindelik onbekostigbaar wees om aan mediese fondse te behoort. Dít sal beteken dat die middelklas uiteindelik weens bekostigbaarheidsredes aan swak staatsdienste uitgelewer sal wees.

Verder beskou AfriForum die NGV as ’n direkte aanval op die middelklas en op gehalte- ­mediese sorg in Suid-Afrika. Ons beskou dit ook as ’n desperate poging om vir die selfgeskepte gemors in die openbaregesondheidsorgsektor te probeer vergoed. Daar is te min belastingbetalers in die land om die NGV te befonds, en die ekonomie groei te stadig om die NGV volhoubaar te maak. As gevolg van ’n tekort aan medici, medisyne en mense om dit te befonds, gaan mediese sorg uiteindelik vir almal duurder word.

(AfriForum se NGV kommentaar)

Wat is Nasionale Gesondheidsversekering (NGV)?

Die NGV is ’n sentrale fonds wat die staat wil skep, wat deur die nasionale gesondheidsdepartement bestuur sal word. Die NGV-program sal deur bykomende belastinggeld befonds word. Die publiek sal verplig wees om sowel aan die NVG te behoort as maandeliks tot dié fonds by te dra. Die staat sal van die dienste van privaat mediese fasiliteite gebruik maak en prysbeheer oor medisyne en dienste vasstel – en dus oor die hele gesondheidsektor en mediese behandeling in beheer wees.

Die NGV-wetsontwerp kan nog in sy spore gestuit word. Die wetsontwerp is onlangs deur dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, in die parlement ter tafel gelê. Dit is die eerste stap om dié wetsontwerp as wet te bekragtig. ’n Portefeuljekomitee sal daarna aangestel word om die wetsontwerp te oorweeg, waarna die publiek kommentaar op die wetsontwerp kan indien. Dit is belangrik dat soveel mense moontlik teen die inwerkingstelling van dié wetsontwerp kapsie maak deur AfriForum se kommentaar op die wetsontwerp te ondersteun.

Moetnie jou gesondheid in die hande van die staat los nie!

Ek wil

  1. My mandaat aan AfriForum gee om namens my die openbare verhore by te woon.

 

 

Video’s:

Dr. Eugene Brink

Monique Taute

Natasha Venter se onderhoud op ENCA

NGV Deel 1: Potensiële ekonomiese ramp vir Suid-Afrika | Mike Schüssler

NGV Deel 2: Om meer geld op die probleem te bestee, is nie die oplossing nie | Mike Schüssler

NGV Deel 3: Beperkings op gesondheidsorgvermoë | Mike Schüssler

NGV Deel 4: Fokus eers op herstel van die huidige sisteem | Mike Schüssler

Forum Nuus: AfriForum dien kommentaar by die parlementsgebou in

Blogs en artikels:

AfriForum gereed om kommentaar op destruktiewe wetsontwerp oor NGV in te dien

Nasionale Gesondheidsversekeringskema sal jou gesondheid in anc-hande laat

Nasionale Gesondheidsversekering geen utopia vir Suid-Afrikaanse gesondheidstelsel

NGV – die hoeksteen van privaat gesondheid se ondergang

Nasionale Gesondheidsverskering gaan die goue eiers vat tot die ganse wegvlieg

Dié is die ‘gevaarlikste’ staatshospitaal in Gauteng

Nasionale Gesondheidsversekering ‘sal voortgaan’

AfriForum oor NGV: Regering is verantwoordelik vir siek gesondheidstelsel

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN