Veldtogte Een van die rolle van ’n burgerregte-organisasie is om kwessies aan te pak wat ’n negatiewe impak op orde in die samelewing kan hê. Van die belangrikste veldtogte wat AfriForum aanpak, is teen haatspraak, plaasmoorde en korrupsie gemik. Alle veldtogte KorrupsieKorrupsie AfriForum se teenkorrupsie-eenheid is genoodsaak deur die feit dat korrupsie soos ’n kanker onder die Zuma-regering versprei het en die land op sy knieë gedwing het. Hoewel Jacob Zuma nie meer die president is nie en daar reeds ondersoeke na korrupsie begin het, is dit ’n ope vraag of alle skuldiges wel aan die pen gaan ry. Plaasaanvalle en -moordePlaasaanvalle en -moorde Wreedaardige plaasaanvalle en -moorde het ongelukkig een van die belangrikste kenmerke van die Suid-Afrikaanse landbougemeenskap geword. Ná die ANC se aankondiging van grondonteiening sonder vergoeding, het dié misdade toegeneem. Privaat vervolgingPrivaat vervolging “Ek glo in die oppergesag van die reg. AfriForum se privaatvervolgingseenheid bied aan my die geleentheid om vanuit die burgerlike samelewing te help verseker dat geregtigheid seëvier, ongeag die posisie van die persoon wat aan korrupsie skuldig is. Ek en AfriForum is nou in ’n posisie om korrupte persone wat nie deur die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) vervolg word nie self te vervolg.” – Adv. Gerrie Nel. OnteieningOnteiening Die ANC het vroeër aangekondig dat die party ’n lys opgestel het van plase wat sonder vergoeding onteien gaan word. AfriForum het ’n lys bekom van plase wat vir onteiening geïdentifiseer is wat in die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming gesirkuleer word. Help ons om onteiening sonder vergoeding teen te staan. Nasionale gesondheidsversekeringNasionale gesondheidsversekering AfriForum is sterk teen nasionale gesondheidsversekering (NGV) gekant en is van mening dat dit net nóg ’n onrealistiese en sosialistiese staatsprojek is wat die vryheid van die publiek, asook die vryheid van dokters en ander gesondheidsorgpraktisyns, sal inperk en uiteindelik sal vernietig.