Projekte
AfriForum se projekte fokus op maniere waarop mens die lewe kan geniet, dit makliker kan maak of om soms net pret in jou eie taal te hê.Bokkietoernooi
AfriForum is in samewerking met Afrikaner Volkseie Sport (AVS) by die jaarlikse o. 23-Bokkietoernooi in Orania in die Noord-Kaap betrokke.
Daar word tans druk op spelers geplaas om sportspanne te transformeer en dié kwotabeleid kan jong, belowende sportsterre dus uit sportspanne hou. Die Bokkietoernooi bied spelers die geleentheid om aan sport deel te neem en op meriete gekies te word.
Besoek gerus die Bokkietoernooi se Facebook-blad as jy meer inligting verlang.